Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

JESUS CHRISTUS OPEN DIE POORT NA DIE EWIGHEID
B.D.6850 - 12 Junie 1957
Die poort na die lewe in lig en heerlikheid staan oop vir u almal wat die weg na Jesus Christus gevind het, dog dit bly geslote vir diegene wat nog ver staan van Hom en Sy verlossingswerk. En daarom sal u uself almal ernstig moet afvra of u al die weg na Hom, na die kruis geneem het; want Sy weg op aarde eindig met Sy dood aan die kruis, en daar sal u Hom dus moet soek en vind, daarheen sal u moet gaan as u wil deel in Sy verlossingswerk.
Die kruis was die doel van Sy weg oor die aarde, sodat die kruisdood vir u mense verlossing sou bring. Dus onder die kruis vind u die goddelike Verlosser, wat soveel wil sê as, dat u u sondeskuld, waarvoor die mens Jesus aan die kruis gesterf het, na Hom toe dra onder Sy kruis, dat u daardeur blyke gee van u geloof aan Sy goddelike missie en dat u daardeur ook u wil te kenne gee, om vry te word van die skuld, wat u skei van My, u God en Vader van ewigheid. Want dan erken u My Self, Wie in die mens Jesus die verlossingswerk volbring het.
U weg moet gaan na die kruis van Golgota, wanneer u die poort na die ewige lewe wil bereik, want daar gaan geen ander weg na hierdie poort nie. Hierdie ernstige vraag, hoe u teenoor Jesus Christus staan, sou u almal aan uself moet voorlê. Maar u doen dit nie, op slegs enkele uitsonderings na, en of u, mense ook steeds weer My evangelie (van die liefde) verkondig word, of Sy liefdesleer u ook steeds weer voorgehou word en u die Naam van Hom wat die goddelike Verlosser is, ook steeds weer hoor of u hou u ore gesluit en laat alle woorde dan as `n hol klanke by u verbygaan.
Wat u hoor oor Jesus Christus en Sy werk van Liefde, raak u nouliks, dit dring nie tot in u hart deur nie, dit het nog nie lewendig geword in u nie, en u gedagtes het hom nog nie ernstig besig gehou met dit wat u ore tot nou opgeneem het nie. En eens sal u voor die poort na die geluksaligheid moet bly staan, u sal nie toegelaat word nie, want u het nog geen verlossing gevind nie, omdat u nog nie die weg na die kruis geneem het nie, omdat Sy Bloed u nie skoon kon was nie en u daardeur belaai met skuld by die Poort na die Ewigheid aangekom het.
Die uitspreek van die Naam Jesus met die mond is nie voldoende dat u vry word van u skuld nie, u sal self na Hom toe moet gaan, u sal uself aan Hom in kinderlike vertroue en in die bewussyn van u skuld moet oorgee en Hom innig vra dat Hy u by Hom sal wil opneem, dat Hy ook vir u Sy Bloed vergiet het, u sal gelowig verlangend Sy vergewing moet tegemoet sien.
En u skuldelas sal dan van u afval en nou is die weg vir u vry na die lig, nou gaan die poort na die ewige geluksaligheid vir u oop. Jesus Christus Self lei u in Sy ryk in, maar sonder Hom sal niemand deur hierdie poort kan binnegaan nie. As u dit tog sou wil glo dat Sy Naam alles is, dat as `n aanroeper van Sy Naam in diep geloof u van alle nood, wat die gevolg is van die sonde wat nog op u druk, ontlaai.
Derhalwe het Ek in die mens Jesus na die aarde afgedaal om hierdie groot sondelas van u af te neem en daarom het Ek aan die kruis gesterwe, om daardeur die groot skuld tot niet te maak, waaronder u almal wat oor die aarde gaan, sug. Ek het vir u gesterf, maar u sal dit moet wil, om te behoort by diegene vir wie Ek gesterf het.
En daarom sal u ook die weg na die kruis moet neem, u sal in verbinding moet tree met Jesus Christus, Wie Sy weg oor die aarde voltooi het aan die kruis. Dan sal Hy saam met u verder gaan, en Hy sal u inlei in Sy ryk, wat Hy beloof het aan al diegene wat in Hom glo.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205