Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DELGING VAN DIE SONDESKULD DEUR DIE BLOED VAN JESUS.
B.D. 8349 - 6 Desember 1962
Julle mense moet almal kennis neem van die werk van die verlossing wat die Mens Jesus op aarde volbring het, om vir My versoening te bring vir die oorgrote sondeskuld, toe julle destyds as geskape geeste van My afvallig geraak het, en om te voldoen aan My regverdigheid.
Daarom het Ek My dissipels in die wêreld uitgestuur, sodat hulle van My en My liefde kon getuig, wat Haarself gemanifesteer het in die Mens Jesus, want die Liefde het die werk van erbarming volbring en die Liefde is Ek Self. Aldus moes My dissipels by die verkondiging van My Evangelie steeds weer van My gewag maak, hulle moes die mense eers kennis gee van My goddelike gebooie van Liefde en hulle ook `n uitleg gee oor die verlossingswerk van Jesus Christus, hulle moes Hom steeds gedenk het wat hulle uitgestuur het in die wêreld met die opdrag om die mense te voed met My Woord en ter gedagtenis aan My Self kon hulle toe spreek oor die kruisoffer, wat die Mens Jesus gebring het.
Die kennis van die kruisoffer moet alle mense toekom, en hierdie kennis sal ook nie verlore gaan nie, solank daar nog iets geestelik bestaan wat nie bevry is nie, wat homself as mens op die aarde bevind. Alle mense moet ervaar dat `n Mens Sy Bloed in suiwer, onselfsugtige liefde vergiet het, om hulle skuld te delg, wat `n baie groot soenoffer vereis het, om dan as `n ware vereffening teenoor hulle God en Vader te geld.
Maar steeds weer word aan julle gesê dat julle as mens nie die omvang van die kruisoffer kan begryp nie, maar dit moet genoeg wees, dat julle weet, dat Jesus Christus erken moet word as God se Seun en Verlosser van die wêreld, in Wie die Ewige Liefde Haarself beliggaam het, om die mense te verlos van sonde en dood. En die kennis moet julle aanspoor, om die weg na die kruis te neem, dit wil sê, julle skuld uit vrye wil te erken, julle skuld aan Hom oor te gee, en berouvol om vergewing te bid, vir reiniging, om weer voor God se aangesig te kan tree, vir Wie julle mense nou kan aanskou in Jesus Self.
Weet dat Ek steeds maar net moeite doen om julle die weg na die kruis te laat vind, dat Ek alles doen om julle deur My boodskappers, deur My dissipels, wat Ek self uitkies, die probleem van My Menswording in Jesus en My offerdood aan die kruis begryplik te maak, omdat daar geen ander redding vir julle bestaan om vry te word van die skuld van die toenmalige ontrouheid aan God nie, omdat slegs die goddelike Verlosser Jesus Christus hierdie skuld gedelg het en julle daarom Sy verlossingswerk erken en ook die barmhartigheid van Sy verlossingswerk moet aanneem, omdat julle andersins vir ewig nie tot My as julle Vader kan terugkeer nie, omdat Ek geen wese in My Ryk van die Lig en die Saligheid kan opneem, wat met sonde belaai is nie.
Maar julle moet skoon gewas wees deur Sy bloed, wat Hy vir julle aan die kruis vergiet het. Sy dood was `n offerdood, want Hy het dit vrywillig op Homself geneem, Hy het vrywillig `n onnoemlike swaar lydingsweg gegaan, bekroon met die dood, wat die mensdom verlossing gebring het van sonde en dood.
Maar julle kan ook seker daarvan wees, dat die skuld vir elke mens gedelg word deur Sy werk van erbarming, wat Hy vir alle mense van die verlede, van die hede en van die toekoms deur Sy Bloed vergiet het en dat slegs julle vrye wil daarvoor nodig is, om die werk van erbarming aan te neem; julle moet dus tot hulle wil behoort, wat hulle bloed skoon gewas het van alle skuld. Hy het Sy lewe aan die kruis gegee. Hy het die laaste weg bewustelik gegaan, omdat Hy Homself opgeoffer het vir die sonde van die mensdom, en so moet julle ook die weg bewustelik neem tot Hom, onder Sy kruis.
Die verlossing kan nie vir julle teen julle wil geskenk word nie. Een Mens het die uiterste sware offer gebring, en omdat Ek as God nie kon ly nie, en My daarom ook op die laaste oomblik teruggetrek het, ofskoon Ek Hom volledig vervul het van My liefdeskrag, het die Mens Jesus nie meer hierdie ongewone krag benut om Homself te bevry van alle nood en kwelling nie, wat vir Hom wel moontlik was, maar Hy het as mens alleen gely en het as mens alleen gesterf aan die kruis.
Hy het die mensdom met Sy Bloed vrygekoop van My teenstander, wat so lank nog `n reg op die siele het, wanneer hulle geen aanspraak maak op die verlossingswerk van Jesus en die skat van barmhartigheid nie. Maar wie verlos wil word, die moet My teenstander vry laat, omdat die groot offer daarvoor gebring is aan die kruis. En soos Ek julle mense steeds weer die kennis daarvan laat toekom, so moet ook julle dit deurgee, julle moet My Naam verkondig in die wêreld, in Wie alleen die heil te vind is.
Julle moet My leer van liefde uitdra en steeds weer melding maak van Hom, Wie Self die gebooie van liefde gegee het, Wie Self op aarde `n lewe in liefde gelei het en ten slotte deur Sy dood aan die kruis die grootste werk van liefde volbring het, omdat Hy julle van die sonde wou verlos het, wat julle al eeue lank van Hom geskei gehou het en wat julle ook ewig nie kon aflos nie.
Julle lewens as mense op aarde sal egter tevergeefs wees, wanneer dit nie lei na die kruis van Golgota nie. Want op hierdie weg kan en sal My teenstander julle nie volg nie, hy sal julle moet vrylaat, want hy het dan alle aanspraak op julle

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205