|
Boek 19 – GOLGOTA BERTHA DUDDE
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23. |
|
|
ONMEETLIKE LIEFDE VAN GOD SE VERLOSSINGSWERK B.D. 6784 - 14 Maart 1957 Niks wat julle vermag kan die Liefde van God so aanskoulik maak as die verlossingswerk van Jesus Christus nie, met die dood aan die kruis wat met onmeetlike kwellinge gepaardgegaan het, wat gely was terwille van die sondige mensdom deur een Mens wat sonder sonde en rein was. In hierdie Mens het God Homself beliggaam, omdat Hy uit liefde vir Sy ongeluksalige geskapenes `n offer wou bring, om die onmeetlike skuld te delg, (die skuld) wat hierdie geskapenes ongeluksalig laat word het en hulle van Hom afgeskei hou. Die liefde tot al die geestelikes, wat as mens beliggaam oor die aarde gaan, is onmeetbaar, en Hy kon dit nie verdra dat die geestelikes ewig van Hom afgeskei bly nie. En daarom het Hy `n manier gevind om hierdie afskeiding op te hef; wat dit vir die geestelikes moontlik maak om hulleself weer met hulle God en Skepper te verenig. Hy het Homself ter versoening van die groot skuld van die eens van God afvallige geestelikes geoffer. Maar die offer moes ook met hierdie skuld ooreenstem, en daarom kies Hy die mees pynlikste dood aan die kruis, voorafgegaan deur `n mate van lyding en smaad, wat vir `n mens byna onmoontlik was om te dra. En omdat God Self nie kon ly nie, omdat Hy tog die offer wou bring, het Hy verkies om `n menslike vorm aan te neem. Hy het Homself in die Mens Jesus beliggaam en het nou die lydensweg op aarde gegaan tot by die dood aan die kruis. Sy oneindige liefde het die werk volbring. Hy het die Mens Jesus vervul, sodat Hy vry kon wees om alle leed op Hom Self te neem, om vir Sy medemens redding te bring. Die Mens Jesus het gely en gesterf, en tog was dit God Self, Wie die offer aan die kruis gebring het vir die mens. Want sowel die Siel, asook die Liggaam van die Mens Jesus, was van God uitgestuurde Liefdeskrag, wat haarself nou weer met die Ewige Liefde saamgevoeg het, wat dus slegs die goddelike in haarself gehad het, of te wel: Die Ewige Godheid Self het verkies om in dié vorm te bly, wat Haar ook deur `n rein en sondelose lewe as stoflike omhulsel kon dien, wat onmoontlik in `n sondige stoflike omhulsel sou gewees het. Dit was `n werk van liefde en `n daad van barmhartigheid van swaarwegende betekenis; dat God Self op aarde neergedaal het, om aan die mense verlossing te bring van sonde en dood, dat Hy in die Mens Jesus die weg op aarde afgelê het en alle bitterheid van die lewe op aarde, alle stryd teen die Satan, op Hom geneem het, dat Hy waarlik teen die magte van die hel geveg het, dit was `n bewys van Sy oneindige Liefde vir die gevallenes, wat Hy weer wil help om hulleself op te rig na bo, wat Hy nie in die diepte wil agterlaat, binne bereik van Sy teenstander nie, omdat hulle daar nie salig was nie, maar sonder lig en kragteloos, waar hulle hulleself dus in `n toestand vol kwellinge bevind het. Sy oneindige liefde vir die gevallenes was nie verminder nie, ofskoon hulle hulself in vrye wil afgewend het van God, en daarom het Sy Liefde die gevallenes agterna gegaan. Hy het Self neergedaal binne die bereik van Sy teenstander, Hy het in die Mens Jesus op aarde gekom, en Hy het `n werk van die diepste ontferming verrig. God Self het die Soenoffer vir die groot sondeskuld gebring. Daarom kan alle mense nou ook in vryheid opnuut die lig en die krag verwerf, hulle kan opnuut hulle oertoestand bereik, hulle kan weer terugkeer na hulle Skepper en Vader van die ewigheid, want hulle skuld wat hulle geskei het, is afbetaal deur die goddelike Liefde Self. Slegs één ding moet hulle self doen; hulle moet die wil hê om terug te keer tot God. Hy het hulle in Sy onmeetlike liefde tegemoet gekom, maar hulle moet ook nou self stappe doen, hulle moet uit vrye wil die weg gaan, wat Hy Self vir hulle in Jesus gelykgemaak het. Hulle moet verlos wil word van hulle sondeskuld en dit vrylik erken, deur Jesus Christus te smeek om vergewing, omdat hulle andersins met hulle skuld belas bly en dus ook solank in die afgrond bly, omdat hulle dan ook nog gevangenes bly van God se teenstander. Hulle moet die Liefde van God dus bewustelik opeis, want ondanks die oorgrote liefde aan God se kant, kan die mens geen verlossing vind, wanneer die mens nie self daarna streef nie, dus wanneer mens Jesus Christus en Sy verlossingswerk nie erken nie, kan hy daarom ook nie deur Hom in Sy Ryk opgeneem word nie. Nogtans is die mens nie vir ewig verlore nie, maar bly die mens voortdurend in die skepping, waar God se onverminderde liefde geld. En eendag sal hierdie goddelike liefde ook haar doel bereik. Eendag sal elke wese wat die afgrond wil ontvlug en sy weg wil gaan na Golgota, na die kruis, na Jesus Christus, die aanskoulik geworde God gaan, Wie se liefde geen grense ken nie, en bly strewe na Sy skepping, totdat Hy haar eindelik teruggewen het, om haar nou vir ewig nie meer te verloor nie. Amen
|
|
|
|
|