Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

ELKE GEESTELIK GERIGTE GEDAGTE IS IN SIGSELF `N LOSMAKING VAN DIE TEENSTANDER
B.D. 7313 - 21 Maart 1959
Elke gedagte aan My of die geestelike ryk is geseënd, want dit getuig van die innerlike lewe, die lewe wat naas die aardse lewe gelei moet word, as laasgenoemde `n resultaat wil bekom vir die siel. Wie homself slegs in sy gedagtes besig hou met die Ryk wat nie van hierdie wêreld is nie, het al `n stap in My rigting gedoen, en hy sal hierdie weg ook bly volg en nie meer daarvan afwyk nie. Want die geestelike Ryk, aan wie hy sy aandag geskenk het, laat hom nie meer los nie, omdat Ek Self hom nie meer loslaat nie, wanneer hy eenmaal die weg na My ingeslaan het.
Die lewe op aarde as sodanig vereis van die mens egter baie dinkwerk, omdat die mens homself te midde van die wêreld beweeg en dus ook sy gedagtes op die wêreld en haar eise moet rig. Nogtans is dit nie die eintlike lewe, wat die mens totaal bevredig, wanneer sy wil op My gerig is nie. Net hy wat nog aan My teenstander behoort, sal volledige bevrediging daarin vind.
Daarom wys elke geestelike gerigte denke al op `n strewe na My, en die wêreld alleen kan so `n mens nie meer bevredig nie; hy sal meer dikwels sy gedagtes laat afdwaal na `n Ryk, wat hy dan as sy ware tuiste beskou en steeds weer in sy gedagtes daarna terugkeer. En dergelike geestelike gedagtes sal ook steeds met gedagtes aan My Self verbonde wees, en daarom kan Ek ook besit neem van hierdie siel en haar behou, sodat sy nie meer van My en My liefde kan ontsnap nie en haarself vrywillig deur My liefde laat vashou.
As `n mens dus nadink oor die bestemming en die doel van sy lewe op aarde, net soos wat hy homself in sy gedagtes besig hou met sy God en Skepper, soos wat hy probeer om Sy Wese te deurgrond en hy bereid is om Sy wil te doen, netso verlang hy om opreg en waaragtig in al die soort vrae onderrig te word, beweeg hyself sy gedagtes dus buite die slegs oppervlakkige lewe, en tree Ek Self tot die middelpunt van sy innerlike lewe.
En dan kan Ek ook waarlik inwerk op die mens en altyd met goeie gevolge, want die vrye wil beweeg hom na sy gedagtes, en hierdie vrye wil gee My ook die reg om van sy siel besit te neem en haar nou alles te laat toekom wat sy nodig het om ryp en volgroeid te word.
Elke geestelik gerigte gedagte aan My of My Ryk is `n vrywillige losmaking van My teenstander, wat Ek nou ook met reg kan en sal gebruik, om sy verlossing volledig te voltrek, want dergelike geestelike gedagtes sal onherroeplik na die kruis van Golgota gelei word, waar die goddelike Verlosser Jesus Christus die verlossing volbring het, en dus die mens geheel bevry het van die vyand en teenstander van die lewe.
Dat die gedagtes van die mens egter na die kruis gelei word, sal steeds die sorg en bemoeienis van alle Ligwesens wees, wat die mens omring en wat ook probeer om op die gedagtes in te werk ooreenkomstig My opdrag, omdat die wil en die krag van die mens maar net so lank swak is, solank hy homself nog in die mag van My teenstander bevind. Elke geestelik gerigte gedagte gee egter ook alle Ligwesens die reg, om hulle invloed te laat geld, en so staan elke siel, wat slegs van goeie wil is, ook onder voortdurende beskerming van geestelike hoeders, en hulle sal ook sekerlik eenmaal die doel bereik, waartoe hulle op hierdie aarde geroep is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205