Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE SEËN VAN GEESTELIKE WERKSAAMHEID
B.D. 7327 - 6 April 1959
Deur aktiewe geestelike werksaamheid maak julle jul steeds meer los van die materiële wêreld, en word julle haar oorwinnaar, net soos haar Heer. Hoe meer julle jul besig hou met geestelike werksaamheid, soveel te meer maak die siel haarself los uit haar liggaamlike omhulsel, ofskoon julle op aarde lewe, maar sy verhef haarself na ander sfere, sy betree die weg na haar ware Vaderhuis, sy is slegs `n gas op hierdie aarde, wat haar ware Vaderhuis nie vergeet het nie, omdat sy dit onophoudelik tegemoet streef.
Maar waaruit bestaan hierdie geestelike werksaamheid, wat julle uit die aardse sfeer onthef? Elke gedagte in die geestelike wêreld lei so `n geestelike werksaamheid in, want as die siel die gedagtes wat aan haar van die ander kant aangedra word, aangryp, sal die Ligwesens hulleself met haar in verbinding stel en dan as te ware `n geestelike gesprek met haar voer, dit wil sê, `n gedagte sal `n ander voortbring, die gedagte sal op God gerig wees, dit sal eweneens weer lei tot `n gesprek met God, en dit sal tot gevolg hê dat die mens nou ook met sy medemens gaan praat oor geestelike dinge, dat hy homself nie met aardse kennis tevrede stel nie, dat hy al sy denke op die geestelike wêreld sal rig, vanwaar die siel nou geestelike voedsel ontvang.Die siel sal daardeur ryp word, sy sal die liggaam daartoe beweeg, haarself ook in die aardse lewe ooreenkomstig haar geestelike insig op aarde gedra, die mens sal aan homself werk, hy sal bewustelik lewe, dit wil sê, self bewus wees van die betekenis van sy bestaan en van sy doel en daarna strewe om die doel te bereik. Hy sal weliswaar sy aardse lewe lei, maar dit sal nie die hoofsaak wees nie, want steeds weer sal sy gedagtes afdwaal na omhoog, na die Ryk wat nie van hierdie wêreld is nie.
En hy sal nie anders kan as om vir hierdie Ryk werksaam te wees nie, wanneer hy probeer om die medemens daartoe te beweeg, om meer aandag te skenk aan die geestelike ryk as aan die aardse lewe, hy sal hulle wys op die heilloosheid van die lewe wat net op die aardse gerig is, hy sal met sy medemens gesprekke voer wat oor die kruis van Golgota gaan, hy sal nie anders kan as om steeds weer die goddelike Verlosser Jesus Christus te noem nie, omdat hy geboeid is deur sowel die geestelike Ryk asook deur Jesus Christus Self, wat vreugde beleef aan Sy kinders wat Hom liefhet en Hom probeer navolg.
En julle sal ook die lewe op aarde na waarde leer skat, waar julle geestelik werksaam kan wees en dit aldus deurstaan met geestelike sukses vir julle siel. Want julle word gelei deur die Ligwesens, onder wie se beskerming julle gedurende julle lewe op aarde geplaas is.
En hulle invloed sal nie ophou nie en sal steeds vir julle siel geld, wat slegs deur geestelike werksaamheid gewen kan word, wat sal ryp word tydens die lewe op aarde en wat ook vir julle medemens tot `n verligtende voorbeeld is. Want `n siel wat geestelik streef, is ook na buite herkenbaar, deurdat sy voortdurend werksaam is vir die Ryk van God en voortdurende arbeid in die Wingerd van die Heer verrig, omdat sy die innerlike drang voel om God te dien en ook ander siele na Hom toe te lei, want in haarself bevind sy die liefde, wat haarself voortdurend uiter in die werksaamheid vir God en Sy Ryk.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205