|
Boek 19 – GOLGOTA BERTHA DUDDE
Hoofstuk 20
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23. |
|
|
WOORDE OOR DIE AANSTELLING B.D. 7666 - Augustus 1960 En dit sal julle altyd tot `n seën wees, dat My stroom van barmhartigheid julle sal aanraak, want niks wat uit My stroom, bly sonder uitwerking wanneer dit gewillig aangeneem word nie. En `n gewillige aanname word gewaarborg, wanneer julle jul tot My wend in gebed, wanneer julle begeer om deur My geseën te word, wanneer julle daarna verlang om deur My aangespreek te word. En so wil Ek dat julle ervaar hoe Ek wil hê dat My Woord begryp moet word. Doen dit tot My gedagtenis, want daaruit het julle `n handeling afgelei, naamlik dat julle letterlik brood en wyn uitdeel en nou daarvan oortuig is om My Self tot julle te neem, wanneer julle die brood eet en die wyn drink. Die ware betekenis van My woorde het julle egter nie begryp nie. En tog is juis die neem van brood en wyn tot julleself uiters belangrik, waardeur Ek egter wil dat My Woord en sy krag begryp word. Julle kan nie salig word, wanneer julle nie My Woord hoor nie, die brood van die lewe, die manna, wat uit die Hemel kom. Julle moet jul deur My laat aanspreek, Wie Self die Woord is, Wie vir julle mense vlees geword het. Toe Ek oor die aarde gewandel het, het Ek die brood van die lewe uitgedeel met `n gul hand; Ek het alle mense toegespreek, en het hulle, wat van goeie wil was, voedsel gegee vir hulle siel. Ek het hulle brood en wyn gegee, My Woord wat Ek met My krag geseën het. Ek het My dissipels onderrig en het hulle tot die ware verkondigers van My Woord gemaak, omdat hulle My Woord in die wêreld moes uitdra, want alle mense het voedsel vir hulle siele nodig gehad, alle mense moes My Vlees eet en My Bloed drink, aan alle mense moes My Woord gebring word, soos dit van My self uitgegaan het, hulle moes die suiwer waarheid ontvang, wat hulle alleen die Ewige Waarheid Self kon gee. Maar My lewenswandel op hierdie aarde het slegs `n kort tydjie geduur. En in hierdie tyd het Ek My dissipels voorberei op hulle benoeming tot leraar. En toe die uur van My afskeid naby was, toe Ek met My volgelinge die Avondmaal genuttig het, voorafgaande aan My moeilike gang na Golgota, toe gee Ek hulle die taak van sendelinge. Ek wys hulle op hulle missie, om aan die wêreld kennis te bring oor My, oor My leer en ook oor dit, wat nog vóór My lê, en Ek spreek daarom die woorde: ‘Gaan heen in die wêreld’. Ek het die brood gebreek en dit aan hulle gegee, net soos die beker met wyn. En My dissipels het geweet, dat Ek die brood en die wyn as vlees en bloed aangedui het, dat Ek in `n gelykenis tot hulle gespreek het, en hulle het My begryp, dat Ek van hulle verlang het om My Woord onder die mense te versprei, sodat hulle My sou gedenk en My vir altyd nie meer uit hulle gedagtes sou laat gaan nie. Hulle het geweet dat hulle aan hulle medemens moes uitdeel, presies soos wat Ek die brood en die wyn Self aan hulle uitgedeel het. En so het Ek My dissipels beklee met die taak, waarvoor Ek hulle opgelei het. Maar nooit het Ek die Avondmaal gevier soos wat julle mense dit uit My Woorde afgelei het nie. Dit was nooit My wil dat julle mense `n handeling verrig en van daaruit op `n uitwerking hoop nie, wat egter ander voorwaardes vereis as slegs die neem van brood en wyn tot homself. Begryp dit, dit was die opdrag aan My dissipels, om die wêreld in te trek en die Evangelie te verbrei, om My Woord aan die mense te verkondig, wat in werklikheid My Vlees en My Bloed is, dat dit Brood uit die Hemel is en onvervangbaar is en sal bly vir die mense, wat `n verbintenis met My soek en dit dan ook gevind het, wanneer Ek hulle regstreeks kan toespreek, wanneer My krag direk by hulle kan binnestroom en die vereniging nou kan plaasvind, wat die sin en die doel van die lewe op aarde is. Die eerste vereiste is egter dat die mens homself omvorm tot liefde, want hy kan My Self, My Woord, My Vlees en My Bloed, nie in homself opneem, wanneer die liefde hom ontbreek nie. Ek self is die Liefde. Ek kan My slegs weer met die Liefde verenig. Dit is dus onmoontlik dat Ek My intrek kan neem in die hart van `n mens, wat die uiterlike handelinge verrig, die brood en wyn tot homself neem, maar wie se hart verstok is van alle ander vorme van liefde. Want onder liefde verstaan Ek nie `n gevoelsmatige opwinding, wat My op enige oomblik betoon word nie, maar daaronder verstaan ek `n oorwonne selfliefde, wat homself uiter in liefde tot die naaste en Myne nou ook die liefde tot My bewys. Dit is dan `n ware vereniging met My, wanneer Ek hom kan toespreek, wanneer Ek My Vlees en My Bloed vir hom aanbied, die Krag van My Woord. En dan sal die mens My ook voortdurend gedenk, hy sal alles begin en eindig met My, hy sal voortdurend moeite doen om volgens My Wil te lewe, en hy sal die weg van die opwaartse ontwikkeling bewandel. Hy sal sy doel bereik, die ewige lewe en die saligheid. Amen
|
|
|
|
|