Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

GOD IN JESUS CHRISTUS
B.D. 6098 - 4 November 1954
Ek wil `n waaragtige leraar en raadgewer vir julle wees en julle lei op die weg na voleinding.
Maar dit moet julle wil wees om My aan te neem en te erken as julle leier en leraar, omdat My onderrig andersins sonder uitwerking sal bly en julle geen stap vooruit sal kom in julle ontwikkeling nie. Wanneer Ek julle nou tegemoet tree in Jesus Christus, tot Wie julle jul met julle volle hart moet bekeer, dan word julle tegelykertyd die ware weg gewys, want alleen Jesus Christus voer die weg na dié doel.
Dit is onmoontlik om `n verbinding met God tot stand te bring sonder die erkenning van Jesus Christus, omdat slegs in Hom kan Ek Self gesoek en gevind word omdat daar naas Jesus Christus geen ander God is nie. En die groot nood op aarde bestaan daaruit, dat die mense My as die ware afwys, dat hulle nie wil weet en glo dat die ewige Godheid, die alles vervullende krag, Hom in Jesus Christus manifesteer wat nou egter ook erken wil word, dat Ek hulle Self in Jesus Christus tegemoet tree, as die geloof in My van hulle verlang word.
En steeds sal julle in hierdie betekenis onderrig word, dat julle in die waarheid onderrig word. Elke ander voorstelling van My, van julle taak, van die ewige Godheid, kom nie ooreen met die waarheid nie. En tog word ander voorstellinge baie makliker geglo en daarom gaan die mensdom op verkeerde weë, gaan hulle nie die weg langs Golgota nie, gaan hulle nie die weg wat Ek as die Mens Jesus gebaan het na Bo nie, gaan hulle nie die weg van die liefde nie, tensy hulle Jesus Christus as die beliggaming van die ewige liefde erken en aanvaar.
Die geloof in `n skeppende mag alleen is nie voldoende nie, want dit kan deur `n weldenkende mens nie ontken word nie. Dat hierdie skeppende Mag Homself egter aan hulle kenbaar maak in Jesus Christus, dat Ek en Hy dus één is en dat die mens homself derhalwe met Jesus Christus moet verbind as hy homself met God wil verbind, dit moet dan as waar en vasstaande aangeneem word, omdat dit andersins die mens aan geloof in My ontbreek, hoewel hy nie die bestaan van `n God ontken nie.
Ek verlang die geloof in Jesus Christus, want Hy bewys eers `n ware geloof -`n geloof, wat deur die liefde vir die lewe gewek word; want wie vol oortuiging vir Jesus Christus erken as die Seun van God, in Wie Ek Self My beliggaam het, hy het in homself ook reeds die liefde ontsteek, wat aan hom die Lig van die erkenning, die krag van die oortuiging gegee het - waarsonder daar egter nie van ware geloof gepraat kan word nie.
Ek neem egter geen genoegdoening met `n blinde geloof nie. En daarom onderrig Ek julle Self en bied Ek julle My Self aan as leier, sodat julle korrek gelei word in julle denke en deur die waarheid ook volkome die geheim leer begryp van die menswording van God in Jesus Christus. `n Korrekte onderrigting sal julle lig gee, en julle sal dit ook aanneem. En hierdie onderrigting kan slegs Ek Self aan julle gee, op voorwaarde dat julle jul deur My laat onderrig, dat julle tot die Ewige Godheid, wat julle in julleself erken, bid om duidelikheid, om reg te dink en om regte leiding. Die gebed sal Ek waaragtig verhoor en Ek sal steeds bereid wees om julle binne te lei in die waarheid, sodat julle vol oortuiging kan glo en nou deur die geloof kan salig word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205