Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE KRUISGANG VAN JESUS CHRISTUS.
B.D. 4876 - 8 April 1950
Wie My wil navolg, gaan `n eensame weg, en dit word nie deur die medemens begryp nie, soos dit My ook ten deel geval het, ondanks die liefde wat Ek die medemens geskenk het. Wie My wil navolg, moet sy kruis op homself neem, soos Ek dit gedoen het, ofskoon My ewige liefde vir geen enkele mens die kruis so swaar sal laat word, soos wat dit vir die mensgeworde Jesus Christus was nie. Hy moet dit dra, net hy kan die las enige oomblik verminder, as hy My aanroep om hulp. Ek neem dan die kruis op My skouers en dra dit vir hom, en saam met My word alles ligter, saam met My is hy nie meer eensaam nie, Ek begryp hom te alle tye en deel alles met hom, lyding en vreugde; hy kan steeds saam met My in stilte sy weg op aarde bewandel, en hy sal daarom sy kruis as draaglik ervaar en homself, in oorgawe, volgens sy lot skik.
Ek het die leed van die algehele mensdom op My skouers geneem toe Ek voortgestap het, met die kruisdood in die vooruitsig, en onnoemlike liggaamlike lyding moes verdra. Vir almal, wat My in die toekoms wou navolg, het Ek die moeilike weg gegaan, wat geëindig het met die dood aan die kruis. As mens het Ek onnoemlik gely, sodat die leed van die mense verminder kon word. Ek neem deel aan die leed van die totale mensdom en dra vir haar die kruis. En wie My liefhet, volg My na.
Dit was slegs vir weiniges, vergeleke met die totale mensdom, waarvoor Ek gesterf het, slegs weiniges deel My smart, hulle ly met My en vir My. Hulle dra eweneens hulle kruis, omdat hulle My navolg, want die liefde tot My laat hulle al die leed dubbel voel. Maar hulle liefde was soos balsem vir My wonde, wat die wrede mense My aangedoen het; hulle liefde het My wil versterk, om vir die mense te ly en hulle te help deur My kruisdood. Baie het My op die weg na die plek van die teregstelling gevolg, dog weiniges neem deel aan My smart.
Baie mense op aarde lewe losbandig, en slegs weiniges volg My na. Ek het vir alle mense aan die kruis gesterf, maar slegs weiniges neem My offer aan en maak gebruik van die verwerfde barmhartigheid. Slegs weiniges volg My na, en tog kan die mense slegs salig word deur My na te volg. Elkeen moet sy kruis op homself neem en My offergang na Golgota gedenk, wat byna te swaar was vir `n mens en My laat beswyk het.
Die liefde van `n mens het My egter gehelp, waar Ek as mens dit byna begewe het en Ek het die offer gebring, Ek het die beker van die lyding leeggedrink tot die laaste druppel. En wanneer julle mense moet ly, dink dan aan My woorde: Wie My wil navolg, die neem sy kruis op homself. Weet dat elke lyding wat julle in oorgawe vir My wil dra, julle as kruisgang toegereken sal word, wat vir julle verlossing en bevryding van alle skuld beteken. Weet dat julle op aarde is om vry te word van skuld, waarvan julle as mens die omvang nie kan meet nie, `n skuld, waarvoor Ek wel gesterf het, om haar te verminder, wat ook elkeen van julle egter moet help voldoen, vir sover julle die krag daartoe besit, as julle wil deelneem aan die verlossingswerk wat My liefde begin het met My kruisdood. Julle mense is slegs `n ligte kruis opgelê, omdat Ek die swaarste las van julle afgeneem het, maar heeltemal sonder leed kan julle nie bly om julle na Hom toe te dryf nie, Wie julle altyd wil help, Wie julle moet navolg, sodat julle ewig salig kan word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205