Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE DAG VAN DIE KRUISIGING. - DIE WEG NA GOLGOTA
B.D. 5643 - 3 April 1953
Die Weg na Golgota was die beëindiging van My lewe op aarde, dit was die oorwinning en die vervulling - dit was die swaarste en bitterste offergang, want dit het My duidelik in elke detail voor oë gestaan, tot by die uur van die dood. Ek het van alle lyding en kwellinge geweet en het tog bewustelik hierdie weg gegaan. Maar vir My het die onnoemlike nood van die sondige mense eweneens voor oë gestaan, die onmeetlike sondeskuld en haar uitwerking het soos `n saamgeperste las op My skouers gelê, en Ek het geweet dat wanneer Ek hierdie las sou afskud - wat Ek wel kon doen met My mag en krag - die mensdom daaronder sou moes beswyk en die las nooit alleen sou kon dra nie.
Ek het geweet dat hierdie sondelas die mensdom vir ewighede sou kwel en haar nooit die vryheid en saligheid sou laat bereik nie. Ek het hierdie kwellinge van die hele mensdom voor My geestelike oog gesien en Ek het medelye met die onsalige geestelikes gehad. Daarom het Ek die sondelas van die mensdom weggeneem en het die weg na Golgota gegaan, Ek het die onnoemlike leed op My geneem om die skuld af te los, wat so groot was, dat slegs bomenslike lyding as soenoffer sou volstaan. Daarom wou Ek ly en sterwe vir die mense en op geen enkele wyse My Lyding versag nie.
Julle mense sal nooit die omvang van die werk van My barmhartigheid kan beoordeel nie, want ook julle, wat in My glo, weet dat My goddelikheid ook die grootste leed sou kan verminder. Ek het egter gely en gesterf as mens. Alle kwellinge wat `n mens maar kan verdra, moes Ek ondergaan, geestelik en liggaamlik was Ek op die mees erbarmlike manier mishandel; My folteraars het nie net die liggaam nie gekwel nie, maar hulle het sulke verskriklike en van haat vervulde woorde geuiter, dat My siel dit as uitinge van die hel herken het en ondraaglik gemartel was.
Alles wat mens homself slegs met lyding kan voorstel, het Ek verdra, en wel uit liefde vir die mense, wat hulle enorme sondeskuld self sou moes afgelos het en ewighede daarvoor nodig sou gehad het. Die leed van hierdie mense kon Ek as die mens Jesus Christus voorsien het, en die onmeetlike lyding wou Ek afwend, deur Self te verdra, wat Ek maar kon verdra.
My liefde kon nie by die groot nood van die mensdom verbygaan nie, Sy wou help, Sy wou verlossing bring aan alle geboeides, sy wou vergewing afsmeek vir alle sondaars, sy wou versoening tot stand bring en daarom haarself as offer aan die hemelse Vader aanbied.
Maar die mense moet die offer wat gebring is waardeer, en hulleself deur My laat verlos. Daarom roep Ek julle met die vurigste liefde op: Laat Ek nie tevergeefs die offer vir julle gebring het nie. Erken dat julle gebuk gaan onder `n groot sondeskuld, en begeer dat julle daarvan verlos word. Neem My kruisoffer aan, wat vir julle gebring is, gaan staan julle ook onder die kruis van Golgota, laat My lyding en My dood aan die kruis nie sonder uitwerking op julle bly nie. Bring My al julle sonde, sodat Ek julle kan bevry, sodat julle vergewing kan verkry, sodat die Vader julle aanneem terwille van die liefde van Sy Seun. Laat julle almal verlos deur My bloed, wat Ek vir julle mense aan die kruis vergiet het.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205