Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE TWYFEL AAN DIE WAARHEID VAN DIE VOORSPELLINGS
B.D.7755 - 25 November 1960
Ook in u wat My sal wil dien, kom dikwels gedagtes van twyfel na bo wanneer u sal moet getuig van die nabye einde. U is wel van goeie wil om te glo en ook die samehang is vir u duidelik, sodat u `n einde van hierdie aarde as moontlik beskou. Tog is u nie volkome daarvan oortuig nie, omdat u nie in staat is om voor so `n gebeure nog iets dergeliks aan te voer nie, omdat deur oorleweringe ook nog nie berig is van `n sodanige gebeure wat die vernietiging van alle skeppings op die aarde met homself sal saambring nie. En dit moet so wees dat daar niks dergeliks vir u bekend is nie, sodat daar in die laaste tyd geen dwang van die wil bestaan nie, sodat die mense vry kan beslis aan welke Heer of heer hulle hulleself sal oorgee.
En u, My dienare, wat wil arbei vir My en My Ryk, u moet u steeds net vashou aan My woord, u moet glo dat My woord die waarheid is en dat Ek u geensins deur die Gees `n kennis laat toekom wat nie sal beantwoord aan die waarheid nie. U moet volkome oortuig glo en u sal dit ook kan doen, wanneer u slegs die voornemens het om geen dwaling te verbrei nie, en dus My Self vra om u te beskerm teen dwaling. Want dan laat Ek u waarlik nóg verkeerd dink, nóg verkeerd praat. Maar u sal u wederom van binne uit gedwing voel om dit wat u deur My as gestuurde voorspellings gegee word, deur te gee, u sal dit dan as `n plig voel om daaroor te praat en Ek sal u die opdrag Self in die hart lê om te spreek wat Ek Self sou sê wanneer Ek onder die mense vertoef en hulle regstreeks sou toegespreek het. Wees nie bang dat u onwaarhede sal vertel nie, solank u bereid is om My te dien, om as My knegte in die wingerd van die Heer werksaam te wees. Want sou dit `n dwaling wees wat u wil verbrei, dan sou u baie seker `n duidelike aversie in u bemerk en - swyg.
Maar Ek wil dat die mense te wete moet kom wat vir hulle wag en watter gebeure hulle tegemoet gaan, want hulle mag nie ongewaarsku bly nie, hulle moet die moontlikheid kry om hulleself daarop voor te berei. Van wêreldse kant af sal hulle egter steeds die teendeel hoor, want die wêreld is die ryk van My teenstander en My teenstander trag altyd om so op die mense in te werk dat hulle aardse gewin, aardse vooruitgang en `n luukse aardse lewetjie van die toekoms verwag en nie dink aan hulle God en Skepper nie. Maar Ek wil dat hulle op alles wat die wêreld hulle bied, geen ag slaan nie en maar net dink aan die heil van hulle siel. En daarom moet u hulle alles as verganklik voorstel, u moet vir hulle aankondig dat alles van hulle afgeneem sal word en dat hulle ook nog hulle liggaamlike lewe kan verloor, dat hulle groot nood te wagte staan en ook geestelike nood in die hiernamaals, wanneer hulle u aankondiginge nie as geloofwaardig aanneem en hulself daarop instel nie.
En daarom spoor Ek vir u, My dienare, steeds weer aan om die mense die voorspellings mee te deel wat Ek deur My Gees na die aarde stuur, omdat die mensdom in groot gevaar is as hulle nie gaan verander voordat die einde kom nie. Ek wil alle mense aanmaan en waarsku om aan hulle siele te dink en die heil van hulle siel nie op te offer terwille van aardse goedere nie, - want alles sal vergaan wanneer die tyd vervul is en die siel sal slegs besit wat sy vir haarself verwerf het aan geestelike goedere. Tog het u mense nog `n kort tydjie van barmhartigheid, waarin u vir uself nog geestelike rykdom sal kan verwerf, want die tyd loop spoedig ten einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205