Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE ARBEIDERS IN DIE WINGERD HET `N PLIG OM TEEN DIE DWALING OP TE TREE
B.D. 8915 - 22 Januarie 1965
U taak is om op te kom vir die waarheid wat u van My ontvang. As Ek u in kennis stel van dinge wat andersins onwaar voorgestel word, dan het u `n plig om u teen die oorgebringde geestelike lering teen te sit en dit nie stilswyend te duld as u met dwaling gekonfronteer word nie. Want daarom straal Ek die lig van die waarheid na die aarde om juis die leuen en dwaling te weerlê, omdat die dwaling vir die mense `n gevaar is, as die lig van die waarheid nie daarop val nie en die dwaling sodoende gepaardgaan met die waarheid.
Verstaan dit tog dat dit nie dieselfde is of u die waarheid geskenk word of nie. Verstaan dit dat u deur te dwaal die weg na My nie sal vind nie en dat u uself daarvan moet ontdoen, as dit nie op aarde is nie, dan is dit wel in die ryk hierna. En voordat u nie in die algehele waarheid vasstaan nie, kan daar vir u geen geluksaligheid wees nie. Daarom het Ek ook stryders nodig wat steeds die waarheid na vore bring, wat nie wegskram om hulle kennis aan die medemens mee te deel nie, sodat elkeen kan kies tussen dwaling en waarheid.
U weet nie hoeveel dwaling daar in die wêreld is nie, Ek weet dit egter wel en kan dit daarom nie stilswyend duld nie. Omdat Ek egter geen mens dwing om die waarheid aan te neem nie, kan Ek slegs dit doen, om stryders vir My Self op te lei, wat in My plek praat en ook die dwaling aanvat as dit duidelik sigbaar word. Want meestal is dit verskuil agter `n masker wat My teenstander verberg.
En dit is die grootste kwaad, dat hy met dieselfde middele werk om My en My lig uit die doof: Daarom kan nie streng genoeg daarteen opgetree word nie, en hy wat weet dat hy in besit is van die suiwere waarheid, hy sal steeds daarvoor opkom, omdat hy `n barmhartigheidsgeskenk van groot betekenis ontvang het, wat die stryd vir hom baie verlig, want hy kan alles met rede omklee en hy hoef nie te vrees dat My teenstander sy baas is nie, want hy sal altyd die wapens voor die lig neerlê. En lig gee Ek u in oorvloed, sodat dit vir u baie maklik is om in te sien wat die herkoms van die geestelike lering is, wat teenoorgesteld gerig is aan die lig van bo. En sodoende sal u dit nie stilswyend mag duld nie, want wat teen die waarheid gerig is, is `n leuen en teen die leuen trek Ek ten stryde.
Die mense weet nie in welke warboel van onware leerstellinge hulle hulleself bevind nie. En wie homself nie daarvan kan vrymaak op grond van die toegekende suiwer waarheid aan hom nie, sal daarmee belas die ryk hierna ingaan as die graad van sy liefde nie `n bliksemsnelle insig verseker nie, maar dan sal hy ook al in sy aardse lewe die dwaling kan insien en hy sal alles afwys wat nie met die waarheid ooreenkom nie. Want die liefde verlig hom en hy sal onwillekeurig `n weerstand voel teen valse leringe.
Hoe meer dit na die einde se kant staan soveel te meer sal daar sogenaamde "ontvangers van die woord" op die voorgrond tree en hulle sal hulle valse boodskappe wil verbrei en dan gaan dit daarom, om `n onderskeid te maak tussen die geeste; want waarlik sataniese bodes sal daar onder hulle wees, wat in opdrag van hom aktief is, wat die wêreld ten gronde wil rig, wat die mense die terugweg na My heeltemal onmoontlik probeer maak.
U wat My egter wil dien, u sal hom herken en weet wat u van die boodskappe moet dink. En nooit mag u uit verdraagsaamheid een van al hierdie boodskappe aanvaar nie, want wie die leuen nie bestry nie, die laat homself deur haar gevange neem en dan raak sy denke in verwarring en hy sal die suiwer waarheid nie meer kan ondersoek nie. En dit is sy doelwit, om ook die gees van hulle wat hulleself van hom wil skei, in verwarring te bring, om hulle weer in sy mag te kry; Want geen middel is vir hom te minderwaardig en geen lis te gemeen, as hy maar net sy doel kan bereik.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205