Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE BESKERMING VAN GOD VIR SY STRYDERS EN KNEGTE
B.D.6249 - 3 Mei 1955
Wat daar ookal teen u onderneem sal word, Ek hou My beskermende Hand bo u en u arbeid wat u sal verrig vir My en My Ryk. Daar sal steeds teen die waarheid gestry word en gevolglik ook teen u, wat die waarheid versprei, en dit is die wapen van My teenstander, dat hy homself as die verkondiger van die waarheid voordoen, en dat hy baie meer aanhangers sal vind as u, wat die waarheid van My Self ontvang. Solank die mense u aanhoor, en miskien ook afwys, maar u nie aanval nie, is My teenstander nie tevrede nie, want hy wil die lig uitdoof wat Ek Self op aarde ontsteek het. En daarom soek hy mense wat hy kan beïnvloed om teen u op te tree; en hy vind hulle en wel in die geledere van diegene wat geestelik verwaand is, hy vind hulle daar waar hy al lank werksaam is, waar die verligting deur die Gees ontbreek, sodat hulle nie in staat is om die dwaling van die waarheid te onderskei nie. Ook tower hy vir hulle die waarheid voor, en hulle glo hom eerder as diegene wat hulle werklik die waarheid bring. En daarom is hulle gees nie verlig nie, omdat hulle geen liefde het nie, sodat hulle meen om die werksaamheid in liefde te kan vervang deur handelinge wat My teenstander hulle dan as heilsaam en resultaat belowend vir hulle siele voorstel. Maar sonder liefde kan daar in hulle die lig van insig nie ontsteek word nie en hulle sal daarom sonder insig bly en vir My teenstander steeds welkome voorwerpe wees waarvan hy homself kan bedien om teen u op te tree.
Maar Ek is op hoogte van sy planne en van die volgsaamheid van die mense wat van hom afhanklik is. Ek gee ook aan hulle die geleentheid om tot insig te kom, maar Ek dwing hulle nie daartoe nie, en waar hulle u skade wil berokken, daar plaas Ek bewakers wat u beskerm teen hulle verderflike venyn, wat hulle afweer om naby u te kom; Want wie Ek bestem het om vir My te arbei, ondervind ook My beskerming in die oorvloedigste mate, om nie gehinder te word in sy werksaamheid nie.
Die stryd tussen lig en duisternis sal steeds heftiger ontbrand en u bevind uself in die tyd van hierdie stryd. U sal uself moet bewys deur sterk onbevreesde stryders te wees vir My en My Woord. Maar Ek sal u ook die krag gee om u teen elke bevel te kan verset, u sal stry met die swaard van die mond en Ek Self sal daarby die swaard hanteer, Ek sal u steeds weer die woorde in die mond lê as u vir My stry, omdat dit My Wil is dat die dwaling blootgelê sal word, wat maar net deur `n stryder sonder angs gedoen kan word, wat die krag om te weerstaan, van My ontvang.
Wees daarom nie bevrees wanneer u aangeval sal word nie, weet inteendeel, dat u steeds deur My begelei en beskut sal word en neem die uitdaging rustig aan. Dwing hulle wat teen u is tot `n woordestryd, u sal sekerlik nie die onderspit delf al sou My teenstander self u aanval nie. Want u is nooit alleen nie, u sal steeds seker kan wees van My teenwoordigheid, waarteen die teenstander ook nie opgewasse is nie.
Maar sonder stryd sal dit in die laaste tyd vóór die einde nie gaan nie. Maar u sal stry vir My en My Naam en daarom sal u ook My beskerming geniet, soos Ek dit aan u beloof het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205