Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

ARBEID IN DIE WINGERD IN DIE LAASTE TYD
B.D.6466 - 2 Februarie 1956
Die magte van die duisternis sal die oorhand verkry, omdat dit na die einde loop. Daarom u moet uself nie verwonder dat goddelike werksaamheid nie herken word en dat belemmering duidelik sigbaar is nie, ook by diegene wat wel glo, maar wat nie so `n diep geloof het dat hulle vry en openlik sal spreek en handel volgens My Wil nie. Die wêreld staan op die voorgrond en die geestelike lewe lyk vir die mense ongeloofwaardig, die kloof is te groot en kan slegs met moeite oorbrug word, en daarom sal My arbeiders ook moeilik die kontak tot stand kan bring, want die wêreld sal altyd meer aandag kry en die duister kragte sal steeds tussenbeide kom en eerder toegang vind in die harte van die mense.
Daarom moet daar ook van voortdurende stryd teen die duisternis gespreek word en ook Myne moet stryders wees, sodat hulle self nie oorwin word nie, sodat hulle nie swak word in die geloof nie, maar die band met My so innig tot stand bring dat hulle die krag van My aftrek om onwankelbaar te glo. Die wil om vir My en My ryk te arbei, gee die geloof ook die nodige sterkte, want niemand sal My bystand hoef te ontbeer wat hulle dienste self vir My aanbied nie. En die arbeid vir My ryk wys Ek hom Self so toe dat hy in staat is om dit te kan doen. Dus sal alles so op u afkom dat u vanself sal doen en spreek soos dit goed en doelmatig vir elke individuele mens is.
`n Aktiwiteit van groot omvang om vir My te spreek sal slegs selde moontlik wees, omdat enkele siele maar nog die weg na My vind, terwyl My teenstander baie groter invloed uitoefen op die wil van die mense en Ek hom eers dan paal en perk kan stel, wanneer sy tyd gekom het. En daarom sal u ook al kan herken dat die einde naby is, want die teenstander woed omdat hy weet dat hy nie meer baie tyd het nie en hy open alle poorte van die hel soos dit sedert `n lang tyd gelede aangekondig is.
Maar u wat My wil dien, het `n buitengewone toevoer van barmhartigheid deur My Woord. U sal dus nie sy werksaamheid hoef te vrees nie, maar dit sal vir u ook begryplik wees, waarom u op weinig sukses sal kan staatmaak. Tog sal u met steeds dieselfde liefde u medemens, wat homself deur die wêreld gevange laat neem het, tegemoet moet tree, u sal hulle moet beskou as siek siele en steeds bereid wees om hulle goeie medisyne, dit wil sê, My Woord te verskaf, as hulle hulleself tot u wend om hulp. Maar u moet nie poog om hulle oor te haal solank hulle u aversie bemerk nie; want dan is hulle nog in die mag van My teenstander, wat alles doen om hulle van My af te hou en wat daarom ook openlik teen u optree, sodat u vyandig bejeën sal word.
Maar u sal so sag soos die duiwe en wys soos die slange moet wees. U moet u inhou waar u hierdie afwering ondervind en wag totdat die mens u self tegemoet kom. Die arbeid vir My en My Ryk vra wel moed om te stry, maar ook `n wyse optrede teen die kamp van My teenstander. En die leiding neem Ek Self op My, sodat u slegs dan moet optree, wanneer u die drang in u sal voel, want dit lê Ek u dan Self in die hart.
Die tyd sal nog kom waarin u openlik sal kan en moet opkom vir My en My Naam. Maar nou (gespreek. 1956 opmerking.v/uitgewer.) moet u arbeid nog stil verrig word, indien die weerstand nog te groot is. Beveel dan hierdie siel by My aan waarmee u worstel en hou u slegs gereed om na vore te tree wanneer dit nodig is. Hou net altyd die band met My in stand en laat uself nie deur die wêreld gevange neem nie, dan hoef u ook nie te vrees om swak te word in tye van nood nie; dan sal u My toegewyde knegte wees in die komende tyd, wanneer die beslissing van u gevra word om My en My Naam voor die wêreld te bely.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205