Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE STERWE VAN ARBEIDERS IN DIE WINGERD. VERDERE YWERIGE WERKSAAMHEID
B.D.9028 – 10 Augustus 1965
En wanneer My planne nou `n ander wending neem, dan moet u uself ook daarvolgens skik en weet dat dit nie anders as goed kan wees nie. Want u kan wat dienstig is vir die hele mensdom, nie oorsien nie, en vir My speel dit geen rol of u vanaf die oorkant op die mense inwerk of, nog hier op aarde aktief is nie, want in My Heilsplan is alles alreeds van vroeg voorsien en is slegs die vrye wil belangrik, naamlik hoe jy `n beslissing neem.
U kan u dus gerus aan My en My beskikking toevertrou, solank u dit net self wil dat u My dien en u uself sonder beperking aan My oorgee; want dan werk Ek Self deur u, en dat Ek in My Wysheid alles oorsien en elke moontlikheid benut om dwalende siele te red is seker, omdat My Liefde vir u onuitputlik is. Hoe vinniger dit nou na die einde loop, hoe duideliker sal Ek invloed op u uitoefen, dat u My getrou bly en u nie aan hom, wat My teenstander is, en wat u ook weer wil terug wen, oorgee nie. Maar Ek laat dit nooit meer toe nie, omdat u wil heeltemal na My uitgaan en dit alleen My die reg gee, om teen hom op te tree.
Dog die engel van die dood sal ook onder Myne huishou, maar dan weet u ook dat dit My Wil is, dat Ek elkeen egter ook beskerm wat nog die taak sal hê, om My tot die einde toe te dien. Bly daarom verder onbesorg en wy u, meer as ooit, aan die arbeid vir My en My Ryk en wees vlytig in u werk, want almal van u weet nie wie Ek nog voor die tyd terugroep nie. En u moet ook nie daaroor kwel nie, maar elke dag met `n opgewekte hart binnegaan, omdat alles wat u oorkom, goed is en deur My Liefde vasgestel word. En wie Ek onder “Myne” reken, ook dit wil Ek aan u duidelik maak sodat u uself nie ongerus moet maak nie, want baie het al so `n noue band met My, dat hulle die aardse liggaam met reg kan verlaat om binne te gaan in die ryk van lig en saligheid.
Maar dit weet net Ek en vir hulle wil Ek die tyd van die laaste stryd op aarde bespaar. Ek bring hulle hierheen van waaruit hulle ook op die bewoners van die aarde kan inwerk. Maar u moet hierdie laaste tyd nie vrees nie, want Ek voorsien u van bonatuurlike krag sodat u die werk suksesvol kan voltooi, waarvoor u uself bewustelik ingestel het en My daarom tot `n groot hulp geword het: So, aanvaar alles soos dit kom en dink nie dat die Vader u verlaat het nie, want Ek het vir alles `n uitweg en Ek is waarlik bereid om u hierdie uitweg te laat vind; ook as u uself tydelik in u arbeid afgerem voel. Want Ek is in staat om alle drade aanmekaar te knoop. Ek ken Myne en sal hulle saambring en vir hulle hulle arbeid toewys.
Maar glo steeds daaraan dat u arbeid vir My welgevallig is, dat Ek u ook eens sal beloon, óf in die paradys van die nuwe aarde óf ook wel in die ryk hierna.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205