Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

AANMANING OM NIE TE VERSLAP TYDENS DIE ARBEID IN DIE WINGERD NIE
B.D. 6779 - 9 Maart 1957
Die mensdom het voortdurend `n oproep nodig om wakker te word, want steeds weer val hulle terug in die doodslaap waaruit hulle egter moet ontwaak tot die lewe, om nog ywerig aan hulle siele te kan werk. En daarom vra dit ook voortdurende arbeid van My knegte om die mense steeds weer wakker te skud en hulle die betekenis van hulle lewe op aarde voor die gees te stel en hulle aan te spoor om hulleself aan die werk te kry, wat daarom dringend is, omdat daar nie meer baie tyd ter beskikking staan nie. Geeneen van My arbeiders in die wingerd mag glo dat hy genoeg gedoen het wanneer hy `n keer sy oproep om wakker te word laat weerklink nie. Hy moet steeds opnuut probeer om die slaap van hulle te verjaag wat hulle gevange hou en waaraan hulle hulleself moeilik kan onttrek.
Ek weet wel dat u steeds weer mislukkings het om te verwerk, tog moet u nie moedeloos word nie, want dit is die voorbereidende werk wat u verrig, sodat hulle weet waarom dit gebeur dat Ek hulle met `n donderstem uit hulle rus opjaag, wanneer hulle nie al voorheen ontwaak het nie en hulself rig op die vernaamste arbeid: om hulself te verander soos dit beantwoord aan My Wil.
Die mense moet nie in `n diepe (geestelike) slaap verras word nie en daarom sal u betyds steeds weer die oproep om wakker te word, moet laat weerklink, u sal hulle op die komende gebeurtenisse moet wys, u moet hulle voor die gees stel dat hulle hulle rus nie lank meer sal kan geniet nie, dat hulle met geweld wakker geskud moet word, as hulle u nie aanhoor en aan u woorde geen gevolg gee nie; Maar u sal hulle nie met rus mag laat nie. Want hulle is in `n baie benarde posisie, hulle verloor steeds meer aan krag, omdat hulle aardse lewe spoedig beëindig word en hulle daarom ook hulle lewenskrag kwytraak wat hulle nou nog besit en hulle dus ook werksaam sou kan wees, wanneer hulle dit sou wil. Maar die wil lê braak, solank hulle hulleself slapend dood hou, solank hulle geen enkele geestelike lewe nastreef en hulle lewenskrag benut om geestelike goedere te verwerf nie. En die hele mensdom is al in `n toestand van verstarring op die weiniges wat aan die wekroep gevolg gee en begeer om te lewe. Maar hulle moet aan hulle medemens dink en hulle help om ook die weg na die lewe te vind.
En daarom sal u ook nie moet ophou om hulle dit te verkondig wat Ek u opdra nie, naamlik dat Ek oor `n kort tydjie My stem luid en duidelik hoorbaar sal laat weerklink; want hierdie dag kom steeds nader en dit sal die begin wees van die einde. Want dit gaan die laaste tyd soos `n skaduwee vooraf.
Maar die einde beteken `n eindelose lang nag waaruit daar nie meer so `n ontwaking kan ontstaan soos wat dit nou nog moontlik is deur My stem nie, wat wel buitengewoon luid en verskriklik sal weerklink en daarom mense nog steeds kan laat ontwaak. En dan kan nog enkeles met vergrote ywer hulleself wy aan hulle werksaamheid en hulleself ernstig voorberei op die kort daaropvolgende einde. Maar dan breek die nag onherroeplik aan oor alle mense wat die wekroep nie wil hoor nie. Dan versink hulle waarlik in `n doodslaap waaruit daar in `n eindelose lang tyd geen ontwaking meer is nie.
Daaraan sal u, wat as My knegte, My u dienste aangebied het, moet dink dat u nie dikwels genoeg teenoor u medemens gewaarsku het van dit wat voor die deur staan nie; want elke siel wat u wekroep opvolg, sal u ewig dank dat u haar behoed het teen die eindelose lang nag. Die mense weet nie (uit eie skuld) in welke nood hulle hulleself bevind nie, en hulle wil ook aan u teregwysings geen geloof skenk nie. Maar My laaste ingryping kan hulle tog nog tot besinning bring wanneer hulle besef dat u woorde die waarheid was, wat dan by hulle weer in herinnering terugkeer en nie meer sonder indruk sal bly nie.
Laat daarom geen geleentheid verbygaan nie; vrees nie die spot of die onwilligheid van u medemens nie, dink steeds daaraan dat u al in die lig van die dag staan en dat u die duisternis nie meer hoef te vrees nie, wat daar ookal mag kom, maar dat diesulkes `n onuitspreeklike kwellende lot te wagte staan, wanneer dit nie sal slaag om hulle ook uit hulle doodslaap wakker te skud nie. Liefde en medelye moet u beweeg om steeds weer in My Naam te spreek, en u moet nooit glo dat u al genoeg gedoen het nie, want solank hierdie aarde nog bestaan, moet daar ook nog om die siele geworstel word, dat hulle nie aan die mag van My teenstander ten gronde gaan nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205