Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

VIR `N WARE KNEG MOET DIE OORDEEL VAN DIE WÊRELD GEEN ENKELE WAARDE HÊ NIE
BD. 6160 - 10 Januarie 1955
Trek u die oordeel van die wêreld nie aan nie, soek nie haar instemming nie, wees u inteendeel slegs daarop bedag om My goedkeuring te vind oor alles wat u dink, spreek of doen; want die wêreld wil u steeds teenstrydig aan My Wil beïnvloed, die wêreld sal steeds veroordeel wat vir My welgevallig is: Die kloof met die wêreld en `n geestelike instelling. Daarom kan My ware kneg slegs hy wees wat niks omgee oor die oordeel van die wêreld nie, wat slegs vir My alleen as sy Heer erken en slegs trag om My Wil te vervul - En hy sal ook met sukses kan arbei vir My en My Ryk, want daar sal altyd mense wees wat, net soos hy, die wêreld die rug toekeer en wat ontvanklik is vir geestelike woorde en wat slegs te wen is deur sulke bodes wat hulleself van die wêreld teruggetrek het om My te dien.
Ofskoon u, My dienare, ook nog midde in die wêreld staan, so moet tog elke verlange na die goedere van die wêreld in u gesterf het, om geestelik voorwaarts te kan gaan, om u ongestoord aan die geestelike arbeid te kan oorgee. Want wat nog aan die wêreld behoort, gaan tog verlore vir die geestelike ryk. Dit is onmoontlik om tegelykertyd beide ryke aan te kan hang, dit is onmoontlik om iets geestelik te ontvang wanneer die hande na die wêreld uitgestrek is. Dit is twee baie verskillende ryke wat die voet van die mens steeds dan betree, wanneer sy gedagtes dit soek. Behoed u daarteen om u gedagtes aan die wêreld te verloor. En behoed u daarteen om nog baie meer waarde te skenk aan die oordeel van die wêreld, want dit sal steeds minagtend wees, ook teenoor die kosbaarste gawes, omdat dit nie ingesien word deur diegene wat nog tot die wêreld behoort nie. U sal weliswaar deur die wêreld heen moet gaan, maar dit kan slegs gedoen word met `n na bowe gerigte blik, sodat u siel onaangeraak bly vir die verlokkinge van die wêreld.
Maar netso sal u ook u blik op alles kan rig wat vir u wêrelds verlokkend voorkom, dan hou die wêreld u geketting en verhinder u siel om opwaarts te vlieg en dan is u in gevaar om `n verkeerde doel na te strewe. En al is die mense van die wêreld vir u ook lief wanneer u met hulle verbonde is in liefde en vriendskap, laat dan hulle oordeel u nie daartoe bring om van die geestelike weg af te wyk nie. Weet dat hulle slegs spreek in opdrag van hulle wat u van My wil losmaak, dat hulle onbewus dienare is van die wat teen My Self werk. Sien hulle oordeel in as verkeerd en doen slegs u bes om hulle ook iets beters te leer en wanneer u nie slaag nie, vermy hulle terwille van u siel. Bly op die weg wat u gekies het, waar u siel oprys in die geestelike sfere. Gaan verder op hierdie weg, want slegs dit voer u na die doel, slegs dit is die weg na My, wat My nie in die wêreld bevind nie, maar in die geestelike ryk wat steeds maar net in besit geneem kan word deur die wêreld prys te gee. Laat die wêreld los as u binne wil gaan in My ryk.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205