Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

OPENLIKE GETUIENIS IN DIE GELOOFSTRYD
B.D. 8727 - 16 Januarie 1964
U almal wat die tyd van die geloofstryd meemaak, sal aan gestelde eise blootgestel wees, wanneer dit daarom gaan om te beslis of u vir of teen My is. Want u sal `n openlike getuienis moet aflê, en dit beteken dat u My, of heeltemal sal moet verloën, of met oortuiging vir My opkom. En mense sal u met harde middele dwing om te beslis, wat u sal vrees, wanneer u nie so `n sterk geloof in My besit nie sodat u vol vertroue steeds slegs aan My vashou en Ek u geloof ook nie sal beskaam nie.
Juis hierdie geloofstryd moet nog uitgeveg word voor die einde, omdat die skeiding van die "bokke en die skape” dan eers plaasvind, omdat die skare van Myne dan eers tevoorskyn tree, wat My teenstander nie aan die wankel sal bring nie, omdat hulle die lewende geloof besit en nie slegs vormchristene is nie, hulle wat in die laaste stryd te kort sal skiet. (die wankelbare kerk) Weliswaar sal die dwangmaatreëls van die vyand sulke vorme aanneem, dat die mense meen hulle moet toegee as hulle verder wil lewe. Maar wie `n lewende geloof het, weet dat alles vir My moontlik is, dat Ek ook buite die wette om, vir die mense kan sorg, omdat niks vir My onmoontlik is nie en omdat Ek ook daardeur geen geloofsdwang teenoor die gelowige gebruik nie.
Maar u sal geen kompromie mag sluit nie, dat u glo om My in u hart vas te hou en My na buite te verloën nie, want Ek het van u die getuienis voor die wêreld geëis om u dan ook te erken in die ryk hierna. Dit sal van My teenstander `n ongewone handelswyse wees om My uit te skakel, soos hy dink en dit is dan ook die tyd waarin alle mag van hom weer ontruk sal word, omdat hy dit slegs gebruik om teen My werksaam te wees en hy dan sy bevoegdheid oorskry sodra hy My Self eenkant toe wil skuif.
U sal veel meer krag moet genereer, slegs aan Myne sal hierdie krag toestroom, hulle sal die krag aan hulle sterk geloof onttrek, hulle weet dat Ek Self by hulle aanwesig is en hierdie sekerheid stel hulle ook in staat om openlik vir My en My Naam op te kom. En of die aanvalle nog so heftig is of die maatreëls nog so meedoënloos, alles sal u kan verdra met My bystand, want Ek verlaat u nie, u wat slegs die wil het om vol te hou tot aan die einde. Ek weet hoeveel u kan verdra en daarmee in ooreenstemming sal u ook deur My engele, wat u beskerm in hierdie laaste stryd; omgewe word. Slegs aan selfmisleiding sal u uself nie mag oorgee nie, sodat dat dit vir My voldoende sou wees wanneer u My in u hart sal bely, want u sal die bewys moet lewer van u lewende geloof in My, wat steeds slegs Myne sal kan genereer wie se geloof deur `n lewe in liefde lewend geword het.
Maar wie slegs `n vormchristen is, wie sonder liefde voortleef, ofskoon hy aan `n kerklike organisasie behoort, sal deur twyfel oorval word oor die waarheid van sy denke en geloof tot nou toe en hy sal vinnig bereid wees, terwille van aardse voordele, om sy geloof op te offer. En dit sal die grootste versoeking wees wat die mense ooit sal moet deurstaan, dat aan hulle alles onthou word wat nodig is om te lewe, as hulle aan My getrou bly; dat hulle andersyds alles toegestaan word en hulle aardse voordele verwerf, wanneer hulle My verloën, wat vir die meeste ook nie moeilik sal wees nie, omdat hulle geloof nog nie lewend was nie en alles nou vir hulle twyfelagtig voorkom.
Want My teenstander verstaan die kuns om alle geestelike samehang deurmekaar te maak, en dat die ontbrekende liefde ook geen insig beteken nie. En die mense gee, sonder om hulleself te bedink, dit prys wat hulle tot nou toe besit het, `n dooie Christendom, en keer hulleself meer as ooit na die wêreld wat hulle totaal skadeloos stel vir wat hulle weggee. En dan is die skeiding ook voltrek, want dan sal daar slegs twee kampe wees: die mense wat My geheel en al toegedaan is, wat ook sigbaar My beskerming geniet en `n leër van ongelowiges, mense wat behoort aan My teenstander, wat ook spoedig die laaste oordeel sal meemaak wat `n einde sal maak aan die geloofstryd. Want Ek Self sal kom om Myne op te neem (sien "die wegneming" = opmerking.v/d uitgewer;) en die omvorming van die oppervlakte van die aarde te verwesenlik, wat die hernieude kluistering beteken van die mense wat faal in die laaste stryd op hierdie aarde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205