Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

STRYD MET DIE SWAARD VAN DIE MOND
B.D.6112 - 18 November 1954
Ek wil vir u vrede bring en tog ook weer die swaard. Maar u sal nie sodanig mag stry dat u u medemens skade berokken nie, dat hy liggaamlik of geestelike moet ly nie, inteendeel moet u stryd slegs daartoe dien dat die medemens vrede vind in homself. U stryd moet teen die leuen en die dwaling wees, die duisternis, wat u wel sal kan verjaag, wanneer u sal stry met die swaard van die mond, wanneer u spreek in My Naam. Is u ernstig van plan, wil u `n egte stryder vir My en My Ryk wees, dan sal u spreek, gedryf deur My Gees, dan sal u nie hoef na te dink oor dit wat u sal spreek nie, maar "Ek sal dit vir u in die mond lê". En u sal stry met die swaard van die mond, omdat Ek Self die swaard hanteer. Maar `n stryd met die wapen in die hand is ver van u. Want so iemand sondig teen die naasteliefde en sonder liefde sal u nooit vrede kan skenk nie, slegs die hart van die mens in geweldige beroering bring en haat en liefdeloosheid sal trag om vergelding te vind.
Glo My dat u uself vir `n harde stryd sal moet voorberei, want mense sal u aanvat deurdat mense dit wat u glo, as niksseggend en ongeloofwaardig sal voorstel en u dus ook sal uitdaag om uself te verdedig. En dan sal u slegs op My moet vertrou dat Ek u die korrekte aanwysings gee - En staan u nou aan My kant, dan kom daar vir u van My kant ook die insig, dan sal u spreek in My Gees, omdat u My en My Naam verdedig en dan is u ware stryders vir My; wat in hulleself die vrede het om dit ook aan hulle medemens te kan bring. Want Ek alleen kan die vrede laat neerdaal in die harte van die mense, maar aan die vrede gaan `n stryd vooraf, en vir hierdie stryd maak Ek u geskik, as u slegs toetree tot die leër van My stryders en My erken as u Leëraanvoerder. Die stryd wat u vir My en My Naam sal stry is en bly steeds `n heilige stryd waartoe Ek u oproep, terwyl daarenteen `n geveg met die wapens in die hand nie My Wil is nie, solank dit slegs gevoer word uit `n sug na mag en eieliefde, solank elke edel motief ontsê moet word. Stry met die swaard van die mond, sodra My teenstander u aanval, voer die stryd teen die duisternis, teen die onwaarheid, dan stry u vir `n regverdige saak en van My ondersteuning sal u verseker wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205