Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE NADERENDE EINDE VEREIS GROTER ARBEID IN DIE WINGERD
B.D. 8072 - 5 Januarie 1962
Na elkeen van u gaan die oproep uit om te dink aan die erns van die tyd. Niemand van u moet dit ligtelik opneem nie, niemand moet glo dat hy nog baie tyd het nie; elkeen van u wat dit wil doen, moet nog vlytig arbei in My wingerd, want die arbeid van elkeen is nodig as hy nog die redding van `n siel tot gevolg wil hê, wanneer hy dit in liefdevolle wil om te help, doen. Ek sien die baie ongelukkige siele wat nog op `n groot afstand van My af staan, omdat hulle sonder geloof voortgaan en hulle aardse lewe slegs aards benut. En waar Ek nog `n moontlikheid sien om hulle deur My aanspreek te wen, daar lei Ek u heen, dit wil sê, Ek lei u gedagtes en u aktiwiteite so, dat dit in besit van My barmhartigheidsgawe kom, in besit van My Woord wat u uit die hoogte toestroom.
Glo dit, u sal nog baie kan bydra tot die verlossing van dwalende siele, maar u mag u nie laat ontmoedig nie, u sal onophoudelik besig moet wees, en van My uit sal u waarlik die krag toekom dat u in My Wil werksaam sal kan wees. En ook van diegene sal u kennis moet neem dat u `n wêreldse vergrote wil om te lewe en `n verhoogde genotsug sal kan vasstel, hoe nader die einde kom. Want aan `n einde glo die mense nie en daarom is hulle heeltemal onbeheers in hulle wense en begeertes; en dit sal wees soos ten tye van die sondvloed: Hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en hulleself in die huwelik uitgegee, hulle het met bruisende lewenslus gelewe en die deur wyd vir die sonde oopgesper: Want My teenstander besit die oormag en hy benut dit waarlik ten volle. En hierdie tyd gaan u tegemoet en elkeen is in gevaar wat nie aan My dink en My beskerming en hulp vir homself afbid nie.
Maar wie in My glo, sal homself ook tot My wend en hy sal nie verlore gaan nie: En wie My wil dien, sal ook My besondere barmhartigheid mag ondervind, maar hy moet ook ag slaan op My instruksies, wat steeds net daaruit sal bestaan, om verlossend werksaam te wees. En dit sal u steeds maar kan doen, wanneer u die mense om u sal wys op die komende dinge, wanneer u hulle sal aanmaan en waarsku, wanneer u aan hulle My woord bring waar dit maar vir u moontlik is. Elke sodanige oordrag sal geseën wees, ofskoon die resultaat nie onmiddellik te sien sal wees nie.
So, laat u nie ontmoedig wanneer teenwerking van allerlei aard homself voordoen nie, gee die wil nie op om vir My `n behulpsame medewerker te wees nie, dink aan die groot geestelike nood en verrig verlossingswerk deur My evangelie (van die liefde) uit te dra, deur die verbreiding van My woord, wat `n uitwerking van groot krag het en siele kan tref wat nog nie heeltemal verhard is en aan My teenstander behoort nie. En u sal ook baie spoedig die waarheid van My woord ondersoek, want u gaan die einde met rasse skrede tegemoet. Want die tyd is vervul en dit sal gebeur soos dit verkondig is in woord en geskrif.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205