Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

VERHOOGDE BEKORING GEDURENDE DIE EINDTYD
B.D.7212 - 20 November 1958
Glo nie dat My teenstander u met rus sal laat nie, ook wanneer u uself in u hart al na My gekeer het; weliswaar sal hy niks teen u kan begin doen nie, juis vanweë u wil wat na My gekeer is, maar steeds weer sal hy tog probeer om u tot `n val te bring; hy sal u in die noute dryf waar en hoe dit vir hom maar moontlik is, om op u wil in te werk, dit te verswak en weer na die wêreld te keer, wat sy ryk is. Maar tog hoef u hom nie te vrees nie, omdat u `n buitengewone troue, Helper aan u sy het: Ek Self, wat slegs deur u aangeroep hoef te word om hom te verdring.
Juis in die laaste tyd sal hy alles probeer om sy aanhang te vergroot, om weer terug te wen wat hy meen kwyt te wees. Maar daarby vergeet hy een ding, dat nie hy nie, inteendeel Ek, al die reg op u siele het en dat Ek My nie meer sal laat ontruk van die wat hulleself al vrywillig aan My oorgegee het nie. U hoef daarom nie bang te wees dat hy u in sy mag sal kry nie; maar u sal ook een ding nie mag vergeet nie: om u voortdurend inniger by My aan te sluit om in My aanwesigheid verseker te wees teen sy invloed. Elke innerlike onrus, elke opwinding, elke gevoel van vrees, is `n teken van sy werke by u en omdat hy homself daardeur verraai, hoef u slegs u blik op My te rig en hy moet en sal wyk.
In die laaste tyd gaan sy inspanning selfs sover dat hy trag om die verbreiding van die lig te verhinder op `n manier wat hom buitengewoon sterk en magtig laat lyk en u mense erg sal laat twyfel weens die goddelike opdrag, om lig na u medemens te bring. Dan moet u steeds weet dat dit die lis van My teenstander is, om u in die war te bring. En u moet des te sterker wees om weerstand te bied, u moet vas glo in u missie en steeds yweriger werk vir My en My Ryk. En spoedig sal sy aanvalle afneem en u geloof sal groei en daar sal `n innerlike rus oor u kom, want Ek plaas u dan duidelik eenkant en seën u arbeid.
Hoe nader dit na die einde toe gaan, des te hewiger sal sy aanvalle ook wees, maar des te digter is Ek ook by u en des te meer krag sal u van My uit ontvang. Hy kan u niks doen nie, solank u die verbinding soek met My en hou daarom tog hierdie band steeds staande en laat My nie uit u gedagtes gaan nie, en steeds minder sal sy invloed op u kan inwerk, u sal hom van u kan wegdring, slegs deur `n innige gedagte aan My, Wat steeds in elke nood en elke gevaar by u teenwoordig is. Laat My u eerste en laaste gedagte wees en waarlik, daar kan niks met u gebeur nie, want My engele behoed u teen alle aanvalle van die vyand van u siel en hulle mag is groot en hulle wil is om My te dien en dus ook almal wat Myne is en wil bly vir ewig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205