Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

STILTE VÓÓR DIE STORM - `N BEDRIEGLIKE VREDE
16 November 1957
Bedrieg uself nie deur te glo dat u `n vreedsame tyd tegemoet gaan nie, want dit is die stilte voor die storm. Vinniger as wat u dink sal die aangesig verander van hulle wat van vrede spreek, maar wat nou reeds die vuur onder die volke van hierdie aarde aanwakker. Die rus is vir u gevaarlik omdat u daardeur alleen maar onverskillig word en u aardse bestaan nog slegs vir wêreldse belange gebruik.
Daarom skud EK die mense steeds weer uit hulle rus op om hulle wakker te hou, en daar sal daarom ook nog baie gebeur waarby die blik van die mense steeds weer gerig sal word op rampe en katastrofes van allerlei aard. Hulle sal naas die skynbare opbouende wêreldlike welstand ook hulle deel moet kry van die gebeurtenisse waarby die krag van die mense nie toereikend is om dit te verhinder nie. Hulle moet leer om in te sien dat geen mens veilig is vir die slag van die noodlot nie, al lyk die aardse lewe hoe seker.
U mag uself nie laat bedrieg deur die wêreldsituasie wat skynbaar tot bedaring gebring is nie, want dit is almal bedrieglike verskynsels. Dit kan vir u `n slegte ontwaking beteken as u uself oorgee aan hierdie rus, en op elke vermaning wat na die einde verwys, geen ag slaan nie.
Die ommekeer sal plotseling kom en dan moet u almal voorbereid wees. U kan nou al veel tekens van die einde nagaan, maar eweso sal die teenstander daarvoor sorg dat hy u "sand in die oë” sal strooi. Hy wil beslis nie dat u aan `n einde glo en u ernstig besin en verander nie, daarom laat ook hy deur sy dienare die mense glo dat hulle `n nuwe en heerlike tyd tegemoet gaan, in vreugde en vrede. En hy sal ook slaag, want die mense sal eerder dit glo wat hulle self kan nagaan, as dit wat verkondig word uitgaande van die geestelike ryk. Bowendien wil hulle veel eerder glo aan `n mooi toekoms as aan `n einde van hierdie aarde.
Maar EK hou nie op om u te waarsku en te vermaan nie, want dit gaan nie net oor die kort jare van u aardse bestaan nie, maar ook oor die ewigheid. My vermanings sal steeds dringender word hoe duideliker `n skynbare rus homself oor die aarde sal uitbrei, hoe meer die mense hulleself met `n skynbare vrede vertroud maak en hulle goeie voornemens vergeet en hulle miskien al onder die indruk was van die voortdurende verwysings na die komende einde.
Deur die aardsgesinde wêreld sal My teenstander nog eens sy “vangarms" uitstrek na die mense, en dit sal `n groot geloofsterkte vereis om nie in sy kloue te beland nie. Juis daarom maak EK u steeds weer opmerksaam op wat u te wagte kan wees. Laat u uself dus nie mislei nie - want My Woord is Waarheid en sal ook vervul word. My woord verkondig aan u `n naderende einde waar `n duidelike ingryping van My dit sal voorafgaan, `n natuurkatastrofe van so `n groot omvang dat dit vredeliewende mense baie sal verras. Maar hulle kan selfs dan nog omkeer en die kort weg tot die einde aflê in `n gedurige strewe na voltooiing. Hierdie katastrofe sal tallose menselewens eis, en hoe weet u of u nie dalk één van hulle sal wees nie? - Of dit vir u dan nie te laat sal wees wanneer u in onverskilligheid en hoop op die toekoms sal verlore gaan nie, en u laat verblind deur die vors van hierdie wêreld?
Dink dus steeds aan My woorde as u hoor van berigte oor die plotselinge sterwe van mense, van noodlottige toestande en droewige gebeurtenisse van allerlei aard. Want daardeur wil EK elkeen waarsku vir `n plotselinge einde. EK wil u oë rig op die Mag wat alles kan verwoes waar u op gebou het en wat al u planne te gronde kan rig. Verbind u meer met hierdie Mag en vind die weg tot My, vertrou u toe aan My en bid tot My vir die korrekte leiding, om beskutting en erbarming en geloof dat daar alleen vrede kan wees in samehang met My, dat u bedrieg word wanneer `n aardse vrede aan u verseker word. Want die mensdom leef nie meer so dat haar bestaan vol vrede kan wees nie, sy streef nie na geestelike ontwikkeling nie en het daarom ook die reg verloor om op hierdie aarde te mag lewe.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205