|
Boek 1 - Wêreldgebeure BERTHA DUDDE
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18. |
|
|
DIE SWAARSTE STRAF 10 November 1949 Om weer gekluister te word in die hardste materie is die swaarste straf wat `n geestelike wese kan tref, wat alreeds as mens beliggaam was op hierdie aarde. Die tallose skeppings is die bewys dat ontelbare wesens weer hulle ontwikkelingsweg moet begin. - En solank daar nog iets geestelik is wat ontwikkeling nodig het - sal daar ook materiële skeppings bestaan wat as omhulsel sal dien vir die geestelike en die ontwikkeling hiervoor moontlik maak deur hulle veelsydigheid en verskeidenheid van vorme na gelang daar harder of sagter substansies voorkom. Want solank hierdie skeppings geen einde het nie, is die geestelike ook nog nie verlos nie. In die tydsbestek van `n verlossingsperiode kan die geestelike hulself opwaarts ontwikkel tot mens vanuit die hardste materie, want hierdie moontlikheid bestaan. Maar daartoe is die opgee van alle weerstand teen GOD in `n bepaalde tyd nodig. Dit is wel moontlik, maar misluk meestal deur die hardnekkigheid van die geestelike wat in die begin so weerspannig teen GOD is wat ewighede kan duur totdat die weerstand gebreek of verswak is. Hierdie weerstand is te sien in skeppings wat vir die menslike oog skynbaar onveranderd bly vir `n eindelose tyd. Die geestelike in die skeppings wat in sekere sin die korse van die aarde vorm en `n geweldige ontbinding deur God se wil ondergaan, moet ook die moontlikheid van `n opwaartse ontwikkeling gegee word. Vir die geestelike is `n verlossingsperiode nie voldoende nie. Tog bespeur hulle aan die einde van hierdie periode hulle opstand in die heelal, en streef nou ook self na `n nuwe omvorming. Die weerstand teen GOD word nou swakker, omdat hulle Sy enorme krag bespeur. En GOD hou rekening met die verlange en los aan die einde van hierdie periode alle skeppings op, wat dan ook `n keerpunt beteken vir die geestelike wat werkloos en al sedert ewighede in die binnenste van die aarde gekluister was. Die geestelike is nou tot diens bereid en word in die uiterlike vorm ingelyf wat in die begin slegs minimale, werksaamheid toelaat. En so begin die weg na hoër ontwikkeling en voer ook vas en seker tot beliggaming as mens, al is dit ook eers na `n baie lang tyd. Dit is `n nadere verklaring vir die vernietiging van die aardoppervlak wat binnekort sal plaasvind, en wat al in die ewige verlossingsplan voorsien is. Want ofskoon baie menselewens aan hierdie vernietiging ten offer sal val, sal dit verlossing beteken vir die geestelike wat `n nuwe omvorming uiters verlangend tegemoet gaan.
|
|
|
|
|