Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE "REGSTELLING" VAN DIE GEESTELIKE AAN DIE EINDE
21 Julie 1962
Die uur van vereffening kom waarin elke mens homself moet verantwoord voor sy regter, want eens moet die orde weer herstel word en elke mens wat hierdie ordening van ewigheid af oortree het, sal homself moet verantwoord. Daar sal `n regverdige uitspraak gevel word en elke siel sal die lot toebedeel kry wat sy vir haarself berei het. Die geestelike wat deur hierdie vorm gegaan het, sal daarheen verplaas word waar hulle volgens hulle graad van rypheid behoort.
Die ou skepping word opgelos, dit wil sê al haar vorms word verander in skeppingswerke van `n heeltemal ander aard. Die onverloste geestelike word in hierdie nuwe vorms geplaas om die weg van verlossing weer te begin, of voort te sit volgens hulle graad van rypheid.
Nog sal die mense besig wees om na eie begeerte en vreugde te handel en hulle sal nie daarin gehinder word nie, al is hulle optrede hoe goddeloos. Maar daar sal spoedig `n einde daaraan kom en u mense sal nie meer na eie wil kan optree nie, want die tyd sal dan verstreke wees waarin u vir u sieleheil besig kon wees. U het die tyd dus nie benut volgens die wil van GOD nie, maar die omhulsel van die siel nog meer versterk, u het vir uself hierdie lot berei omdat u meer en meer in die materie verval het. Daarom sal u ook weer tot materie word, terwyl u dit lank reeds oorwin het.
Eenmaal moet die wet van die ewige ordening weer vervul word en al die geestelike wat as mens oor die aarde sal gaan, moet opnuut gevorm word, want die ontwikkeling van omhoog moet deurgaan van waar dit onderbreek was. Ook moet die geestelike, wat as mens op aarde gefaal het, weer die moontlikheid verkry om hulleself aaneen te sluit in die terugvoeringsproses, en ofskoon dit `n uiterste harde oordeel genoem kan word, is dit tog ooreenkomstig die vrye wil van die mens. Sy vrye wil het hy op die aarde misbruik, wat weer die hernieude kluistering van sy siel in die materie ten gevolge het. Sy word weer opgelos en moet weer die eindeloos lang weg deur die skepping aflê, totdat sy weer die stadium van menswees kan binnegaan.
Eenmaal sal sy die laaste doel bereik en elke uiterlike vorm kan verlaat, maar syself kan die tyd verleng of verkort totdat sy eindelik die ryk van die lig verlos sal kan binnegaan. En al is GOD onvoorstelbaar lankmoedig en geduldig in Sy liefde en probeer HY steeds weer die mense oor te haal tot `n korrekte wilsbeslissing, tog sal die bepaalde tyd eenmaal verby wees. Dan tree Sy regverdigheid na vore en HY sal die ou ordening weer instel wat tog weer die “regstelling” van die geestelike sal beteken, naamlik `n oorplasing in die uiterlike vorm wat beantwoord aan die graad van rypheid.
So `n “in orde bring” is tegelykertyd die einde van `n aardse verlossingsperiode, want dit vereis die vernietiging van die aardse skeppingswerke wat nog onverloste geestelike berge het wat in die “jou moet” toestand is, en wat sy ontwikkelingsweg moet aflê. Die vereis egter ook die 'vernietiging' van mense wat hulle bestaan op geen enkele manier benut het om vooruit te kom met hulle ontwikkeling nie. Hulle word ook weer “reggestel”, dit wil sê, weer in die harde materie gekluister. En die mense staan nou voor die einde van die ou aarde, of hulle dit geloofwaardig vind of nie. U word steeds daarop gewys dat u uself nog voor die einde moet verander en om die wet van die ordening binne te gaan, waarvoor slegs `n lewe van liefde vereis word. Want die liefde is die Goddelike prinsipe wat u as Sy skepsele ook self u eie moet maak, wanneer die Goddelike ordening nagekom sal word.
U sal steeds vermaan word deur sieners en profete wat aan u die naderende einde sal aankondig. Hulle sal u laat nadink oor wat u eintlike lewensdoel hier op aarde is, sodat die einde nie vir u as `n verrassing sal kom nie. En sodat u nie volledig skuldig voor God se "regterstoel" moet verskyn, as u niks gedoen het om u in die laaste vorm as mens te ontwikkel nie.
Veral as u nog nie bevry is van u oerskuld deur dit tot onder die kruis te dra en vir Jesus om vergifnis te bid vir hierdie skuld nie. HY alleen kan alle skuld van u neem, en dan kan u vry van skuld voor die .'regterstoel" van GOD staan en hoef u die laaste gerig nie te vrees nie.
U kan dan ook u verblyf op hierdie aarde verwissel met dit van die geestelike ryk wat u ware vaderland is. U sal dan die ryk van die salige geeste kan binnegaan en nóg die einde van die ou aarde, nóg die hernieude kluistering hoef te vrees nie. Want die ewige GOD is geen wrede nie - maar regverdige Regter, wat u almal sal gee volgens u eie wil.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205