Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE VOORLOPER VAN DIE GESALFDE(CHRISTUS) AAN DIE EINDE
13 April 1960
Uit u midde sal iemand voortkom wat van My sal getuig, voordat EK sal kom "in die wolke", en as u van hom sal hoor, sal u weet dat die einde nie meer ver is nie. Hy is een van die reinste, en vol liefde en goedheid en is daarom ook innig met My verbind. Hy sal vir u mense `n trooster en vriend en `n bevryder uit die nood van u siel wees . Sy gees is verlig en hy weet van die eindoordeel, daarom sal hy die mense vermaan en waarsku in My Naam.
Hy is `n “stryder" vir My en My ryk en het volle insig, hy weet dus ook waar daar vir die suiwer waarheid opgekom word. Daarom kom hy uit die midde van hulle wat My leer van Bo ontvang het en word deur sy lewenswandel en sy naasteliefde ook self van Bo onderrig, omdat hy uiteindelik `n missie moet vervul, naamlik om My voorloper te wees voor My wederkoms. Want so sal die tyd vervul en die voorspellings van die profete vervul word. Daarom moet ook hy die uit die ligryk kom wat neergedaal het om My aan te kondig by die mense, wie hulleself in die hoogste nood en verdrukking sal bevind.
Hy sal van My getuig, want sy stem is My stem en wie hom aanhoor, hoor My aan. Tog sal hy nie lank by u mense verblyf nie, want voordat u hom sal herken, sal hy al in u midde vertoef. My teenstander sal hom vervolg en u teen hom aanhits. Hy sal van die liefde predik en die mense sal in haat na hom luister. Hulle sal hom vervolg en sy lewe bedreig, maar EK sal hom behoed totdat sy uur gekom het. Hy moet sy missie vervul, hy moet vir My `n wegbereider wees, hy moet My klein kudde opbeur en onderrig oor die spoedige koms van die HEER.
Wanneer hy sal optree sal daar nie meer veel tyd wees nie, sy woorde sal inslaan en die trae en besluitelose uit hulle sieleslaap opwek. Hy sal My spreekbuis wees waardeur EK My nog eenmaal duidelik sal uiter, en hy is `n "roeper in die woestyn“ wat hulle sal omdraai, omdat EK aan die einde `n sterk krag nodig sal hê wat van Bo sal kom, om u mense te help. Maar die wêreld sal hom haat en alle middele aanwend om hom onskadelik te maak, ofskoon hy maar net die suiwere waarheid verkondig en die goeie sal doen.
Die wêreld is in duisternis versonke en elke geestelike lig is uitgedoof. Daarom moet daar weer `n helder lig straal op hierdie aarde, en alle mense wat die lig van die waarheid sal besit, sal hulle olie gaan haal (liefdeskrag verwerf) sodat hulle lig ook helder sal straal, die lig wat die wêreldse mense probeer uitdoof. Al die mense wat in die ware geloof staan, sal hom herken as die voorloper voor My tweede neerdaling. Hulle sal weet dat die tyd in vervulling gegaan het en EK nou verwag word met My die laaste oordeel. Hulle sal sy woorde vir hulleself ter harte neem, want hulle sal voel dat dit EK is wat deur hom spreek en dat EK My self deur hom as My bode laat aankondig het, soos wat dit vanaf ewigheid bestem was.
Maar hy sal dit hard te verduur hê by die mense wat die wêreld aanhang en hulle sal van sy vermanings en waarskuwings niks wil hoor nie. Hulle sal nie aarsel om hom om die lewe te bring nie, ondanks die feit dat hy homself voor alle mense hulpvaardig sal betoon en vele ook sy hulp sal aanvaar. Hulle sal hom wil verhinder om sy missie te voltooi, maar EK sal hom nie terugroep na My ryk, alvorens hy vir My die weg berei het nie. Totdat hy My koms sal verkondig het aan almal wat My wil aanskou en wie se geloof hy sal versterk, omdat hy slegs sal uitspreek wat hy deur die innerlike woord van My sal ontvang deur die Gees wat op `n buitengewone wyse in hom sal werk.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205