Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

GOD OPENBAAR HOMSELF IN TYE VAN GEESTELIKE NOOD
9 Februarie 1962
Elke gedagte wat u opstuur na My, in "Gees en Waarheid", neem EK aan, en EK is waarlik steeds bereid om u volgens waarheid te beantwoord as u `n vraag aan My sou stel.- Maar u moet dan ook gewillig wees om die antwoord heeltemal sonder vooroordeel aan te neem. U moet uself beskou as "leë houers" wat EK kan vul met die regte inhoud, want dit sal vir u almal tot seën wees.
U moet weet dat My liefde vir u onbegrens is. Dat My liefde alle middele sal aanwend om u, wat nog maar kort voor u voltooiing staan, tot hierdie laaste voleinding te bring, waarvoor daar egter nie veel meer tyd is nie.- U moet verder weet dat My teenstander in die laaste tyd voor die einde `n enorme mag sal hê, toegelaat deur mense wat nie ernstig strewe na voltooiing nie.- Hy sal dus slaag om baie mense weer in die val te laat loop, vir wie die aardse weg dan tevergeefs was.
Omdat EK van alles op die hoogte is, ook van die siele wat nog twyfel en wat te swak is om boos en skandelike werke te weerstaan - en omdat My liefde grensloos is en EK alle mense uit sy hande wil bevry, maar tog nie in stryd mag kom met My ewige wetlike ordening nie, daarom sal EK in ooreenstemming met My ordening te werk gaan en hulle te hulp kom wat hulle gedagtes opstuur na My toe.- Hulle wat dus hulle wil nie van My afgewend het nie, selfs as hulle hulleself nog nie openlik vir My uitgespreek het nie.
EK wil hulle egter tot die regte beslissing bring, daarom moet EK hulle ook lig en krag stuur sodat hulle My eenmaal kan leer ken.- Dan kan hulle ook die krag verwerf om My teenstander te weerstaan en te strewe na My.- EK is waarlik geen GOD wat vir u onbereikbaar is nie, EK is die Liefde en die liefde is nooit ver verwyderd van die wesens wat deur My geskape is nie. - My liefde sal hulle steeds volg, ook al is die geskapene nog `n groot afstand van My verwyder.
Die GOD moet u dus vooraf leer ken, wat as `n vader besorg is oor die lot van elke mens en dit is waarom u ook nooit in die verte hoef te soek nie. Eén innige gedagte van My "kind" roep My dadelik na hom toe en EK sal by hom wees en bly.- Die liefde van My "kind" sal geen verwydering meer toelaat nie en EK self kan My dan aan die kind openbaar.
Dit is My groot Hulp wat EK gedurende die tyd van die einde aan die mensdom sal gee, wat in die grootste geestelike nood sal verkeer.- EK sal tot die mense spreek en alle mense wat hulle hart vir My open, mag My woord van Bo hoor.- En dan sal EK hulle ook die lig en die krag gee wat hulle nodig sal hê vir hulle voltooiing, deur My woord.
Sodanig werk EK Self, u GOD en Vader van ewigheid af om die aktiwiteite van My teenstander te verswak.- Om die mense `n noodanker aan te bied waardeur hulle van die gevaar kan ontsnap voordat hulle beswyk.- EK Self spreek tot die mense en benut daarvoor `n gewillig werktuig (B.D.) wat My bewustelik dien, en `n direkte werk aan en in haarself toelaat, want EK wil die mensdom in geen geval dwing nie, hulle moet vrylik `n beslissing neem om My aan te spreek en aan te neem of nie.
Maar EK spreek tot alle mense, omdat My eindelose liefde My daartoe aanspoor.- Ek sal nooit ophou nie en is altyd bereid om te help.- Maar u mense moet glo dat die geestelike nood reusagtig groot is, omdat u voór die einde staan, en moet weet dat die einde gegrond is op My liefde.- EK is van alles op hoogte, EK weet wanneer die tyd gekom het waarin EK die ordening weer moet herstel om die werk van terugvoering van die gevalle geeste te kan voortsit.
Maar EK weet ook waar nog hulp uitgestuur kan word en op welke wyse, en EK benut waarlik iedere moontlikheid om die mense op aarde nog die oë te open om MYself aan hulle te openbaar.- En My skape herken die Stem van hulle herder en hulle volg Haar.
Ook in die heelal sal My Stem weerklink, want My Stem weerklink ook in die oneindigheid.- Sy weerklink in alle wesens wat van My bewus is en deurstroom hulle met Lig en Krag.- U kan dus geensins sê dat u My nie kan of mag hoor nie, want dan sou My Liefde begrens en My Mag beperk wees.
En al is EK onbereikbaar vir My skepsels en Ek sal dit ook bly, tog is EK innig deur die Liefde met hulle verbind.- EK is so naby aan hulle dat elke skepsel My kan verneem as sy liefde na My toe uitgaan, en sodoende word die verbinding weer herstel soos wat dit oer-aanvanklik was. - Want in die begin het elke wese My woord gehoor en dit was hulle saligheid.- En dit sal ook weer hulle saligheid wees, sodra My liefde die wesens weer sal deurstraal, soos wat dit vroeër was.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205