Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

WÊRELDBRAND – NATUUR KATASTROFE - LAASTE BESLISSING
1 Augustus 1965
Niks sal verborge bly vir hulle wat hulleself in My diens aangebied het nie, want die laaste gebeurtenisse is so geweldig dat u nie in onwetendheid gelaat kan word daarvan nie.- In die besonder nie wanneer EK deur u tot alle mense wil spreek nie.- U moet daarom ook verneem dat daar maar `n onbeduidende aanvoor nodig is om `n katastrofe te weeg te bring wat eers geheel wêrelds gesien kan word, maar egter die teken is vir die volgende natuurkatastrofe.- En ofskoon sy nie deur die menslike wil veroorsaak word nie, is sy tog die gevolg van die menslike wil en wel in soverre, dat hierdie `n wêreldbrand sal veroorsaak wat slegs deur My wil beëindig kan word.
Omdat die mense slegs aandag skenk aan wat daar in die wêreld gebeur, moet daar iets gebeur wat vir hulle onverklaarbaar is.- Die oog van die wêreldsgesinde mens moet duidelik gerig word op My ingrypinge.- Alle menslike voornemens moet wegval by die ontdekking dat daar in die kosmos iets moet gebeur waardeur elke mens uiteindelik pynlik getref kan word.- Die mense moet leer om GOD te "vrees" en nie hulle menslike teenstanders nie.
En al is dit vir elke mens `n persoonlike saak om in `n GOD te glo of nie, die kosmiese gebeure is groter en lewensbedreigender as die wêreldbrand wat nou op die agtergrond raak.- Want nou beslis die geestelike houding tot die Skepper en Behouer van alle dinge, of en hoe hulleself die natuurkatastrofe aan elkeen sal voel.- En of u dit glo of nie, hierdie gebeurtenis kom met rasse skrede op u af en u is nog maar `n kort tyd daarvan verwyder.
U, wat hiervan weet, moet ook u medemense opmerksaam daarop maak wat hulle te wagte moet wees, selfs as u geen geloof vind nie.- Maar die komende gebeurtenisse sal die bewyse wees, want ook die einde kom steeds nader en hierdie geweldige natuurkatastrofe is slegs `n laaste teken daarvan.
Maar wie sal hulleself nog daardeur laat beïnvloed? Die mense sal slegs `n natuurkatastrofe daarin sien en geen samehang erken met die geestestoestand van die mense nie, behalwe die weinige wie se gees ontwaak is.- Maar ook hulle sal met hulle vermanings nie tot die mense deurdring nie, hulle sal meestal tevergeefs spreek as hulle die mense waarsku oor die einde wat hulle met sekerheid tegemoet sal kom.
Laat die tekens daarom nie by u verbygaan sonder om daarop ag te slaan nie, want Hy waarsku u daarvoor dat u in die tyd van die einde leef.- Dink daaraan dat daar vir u nog maar `n kort tyd oorbly waarin u kan beslis om u lewensweg met My te gaan. Met My, wat u wil red uit alle nood en wat ook kan, óf om weer die weg van My teenstander te gaan wat u weer wil verderwe vir `n eindeloos lange tyd.- Weens die vryheid van wil kan u die dag en die uur nie weet nie, maar EK kan u met sekerheid sê dat u nie veel tyd meer het nie.- Maar al die wêreldgebeure interesseer u so veel, dat u geen ag slaan op alles EK vir u te sê het nie.- Daarom sal wat geskied oor u uitbreek in al sy krag sodat u nie sal weet hoe u uself sal kan beskut nie. Maar u moet ook weet dat net EK self vir u sal kan beskerm, sodat u u toevlug tot My moet neem om deur alle gevare na liggaam en siel veilig gelei te word.
As u mense maar net daarin wil sien dat `n hoër Mag aan die werk is.- Dat u hierdie hoër Mag moet aanroep, anders bly u reddeloos ver daarvan.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205