Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE WEDERKOMS VAN DIE HEER - DIE TEENWOORDIGE TYD. DIE GETUIE VAN DIE NUWE AARDE
2 Mei 1951
U almal sal getuie wees van My krag en heerlikheid en u sal My wederkoms belewe, ten dele liggaamlik en ten dele geestelik. Want die tyd neig na die einde toe en alles sal sekerlik geskied soos wat EK dit steeds weer aan u verkondig het.
U sal My wederkoms belewe en daarvan getuig in die paradys op die nuwe aarde, want hulle wat aan My getrou sal bly tot aan die einde, sal EK op die nuwe aarde plaas. Hulle moet ook daar My woord aan hulle nakomelinge verkondig, net soos wat hulle dat ook nou doen in My opdrag.
EK weet wie daarvoor geskik is en EK sal ook My ware knegte behoed vir die ondergang. EK sal My “dissipels van die eindtyd” met buitengewone krag voorsien sodat hulle hulle diens goed sal kan verrig. Sodat hulle moedig sal kan stry teen almal wat My vyandiggesind is en wat haat sal betoon teen Myne. Maar nie een van My volgelinge sal vroeër van die aarde skei alvorens hulle missie vervul is nie.
En die laaste op hierdie aarde sal die eerste wees op die nuwe aarde, waar ook hulle opdrag weer dieselfde sal wees, naamlik om My woord te verkondig, al is dit ook op `n ander wyse. Hulle sal met vreugde en verlange opgeneem word en sal herken word as dit wat hulle is, naamlik `n liefdeblyk van die Vader wat Sy "kinders" gelukkig wil maak. Alle wesens sal My stem herken wanneer EK deur hulle tot die mense van die nuwe aarde sal spreek, want almal het op aarde die vuurproef deurstaan en aan My getrou gebly. Daarom sal hulle loon ook groot en verblydend wees. `n Harmonieuse lewe in die paradys op die nuwe aarde sal hulle beskore wees, wat geen mens homself sal kan voorstel nie, sodat My mag en heerlikheid geopenbaar kan word, want EK self sal by hulle wees.
EK sal in die wolke kom en hulle tuisbring. Hulle sal by My bly omdat hulle My "kinders" geword het deur hulle getrouheid wat hulle aan My bewys het in die laaste geloofstryd. Hulle sal My onbevrees bely en van My getuig sonder dat hulle My vantevore gesien het, en daarom mag hulle My ook in alle glorie aanskou voordat die einde gekom het.
Wat EK voorspel, sal ook vervul word, dus sal u My wederkoms belewe. Nog glo u nie dat die tyd so naby is dat u die verskrikkings van die einde sal moet beleef nie, dat die aardoppervlak vernietig sal word deur My toelating. Nog glo u nie dat die voorspellings deur sieners en profete die huidige tyd betref nie. Dat u mense in hierdie tyd groot dinge sal belewe wat geen mens homself kan voorstel nie, omdat sulks nog nooit op aarde gesien is nie. Maar met verwondering en ontsetting sal die mensdom spoedig hierdie gebeurtenisse kan volg wat `n ontbinding van die aarde geloofwaardig sal maak, en dan sal dit met rasse skrede die einde tegemoet gaan.
My uitverkorenes sal die tyd deurstaan omdat dit My wil is en omdat die uitverkorenes ook in hierdie tyd sal getuig en oor hierdie gebeurtenisse sal spreek, sodat My mag en heerlikheid openbaar kan word, ook onder die nakomelinge van die mensegeslag op die nuwe aarde.
Want hierdie gebeurtenisse moet deur oorlewering vir die nageslag bewaar bly, want daar sal ook weer `n tyd kom waarin die sonde die oorhand sal kry en daar nie meer aan My gedink sal word nie. Dan sal hulle getuienis vir die mense tot waarskuwing en vermaning wees wat My heeltemal sal vergeet, en welke noodlot hulle sal tref. Dan sal gewag gemaak word van die ondergang van die ou aarde en die laaste gerig wat beslis het oor lewe en dood, oor geluksaligheid en verdoemenis.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205