Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE VERNIETIGING VAN DIE AARDOPPERVLAK IS ONDER ANDERE `N GEVOLG VAN EKSPERIMENTE
Die laaste vernietigingswerk op hierdie aarde sal u mense self teweegbring, maar EK sal hulle nie verhinder nie, omdat EK ook dink aan die geestelike substansies wat daardeur uit die materie bevry sal word. Hulle kan dan weer op die nuwe aarde hulle ontwikkeling voortsit in `n nuwe vorm. Dit is al dikwels vir u gesê, maar nog steeds is u geloof daarin baie gering, want die hele gebeure is vir u gewoonweg onvoorstelbaar. Dit vorm egter die afsluiting van `n ontwikkelingsperiode waarop `n nuwe sal volg, sodat die werk van die teruggebringdes weer in die wetlike orde voltrek kan word en daar weer `n sukses geboekstaaf kan word wat voor die vernietiging van die ou aarde nie meer te siene was nie.
My teenstander besef sy laaste duiwelse werk, deurdat hy die mense verlei om te doen waartoe hyself nie die mag het nie, naamlik om skeppingswerke te vernietig. Hy doen dit met die gedagte om die gekluisterde substansies daardeur te bevry en in sy mag te kry. Daarom verlei hy die mense tot eksperimente van allerlei aard, wat egter deur die onwetendheid oor die uitwerking daarvan misluk en daardeur gevolge teweegbring wat vernietigend sal inwerk.
Die mense waag hulleself aan eksperimente waarvan hulle die gevolge nie ken nie. (byvoorbeeld die boor in die diepste dieptes van die aarde = opmerking van die Hollandse uitgewer) Hulle sit sataniese kragte in werking wat hulle nie kan beheer nie en is daardeur tot ondergang gedoem. Daardeur word die hele skeppingswerk van die aarde ook aan die vernietiging blootgestel, want die hele aardoppervlak sal geheel en al verander. Alle skeppingswerke op die aarde sal aan die vernietigingswerk ten offer val en hulle uitwerking sal tot in die binneste van die aarde gevoel word, sodat daar van `n verwoesting van buitengewone omvang gespreek kan word. Die meeste mense sal dit egter self nie meer kan nagaan nie, behalwe die klein kudde van hulle wat EK vooraf van die aarde af sal wegneem.
EK self sou so `n vernietiging nooit toegelaat het nie, as EK daardeur nie nuwe verlossingsmoontlikhede sou verkry het vir die geestelike wat nog gekluister is en wat reeds eindelose tye in die hardste materie smag. Maar ook sonder die volledige verwoesting van die aardoppervlak sou `n verdere ontwikkeling vir die geestelike substansies moontlik gewees het, wanneer die mense die wetlike orde nie omver sou werp nie, maar hulle dienende opdrag op aarde sou vervul.
Die mense lewe egter nie meer volgens My Goddelike ordening nie, en daardeur het My teenstander ook groot invloed op hulle. Hy hits hulle aan tot eksperimente waarvan hy `n sekere wins verwag, en op die terugkeer van al die gebonde geestelike hoop. Maar EK sal hom nie daarvan terughou nie, want uiteindelik lê dit alleen by die vrye wil van die mense of hulle dit wat My teenstander hulle wil laat doen, self wil uitvoer.
Wat die mense ookal sal doen, steeds sal EK weet om die gevolge van hulle handelinge ten goede te gebruik - want ook die duistere wêreld is onderworpe aan My en My Mag. Ook hulle moet My dien en tegelykertyd saamwerk aan My werk van die terugvoering, al is dit ook onbewustelik. EK weet egter al van ewigheid af van die wilsrigting van die mense, en ooreenkomstig hierdie wil kon EK dus ook My verlossingsplan opbou. Daarom weet EK ook wanneer daar geen geestelike vooruitgang meer te verwag is nie, wanneer die tyd vir bevryding van die gebonde geestelike moontlik sal wees. Daarom staan EK die handelinge van die mense ook nie teë, as hulle die enorme vernietigingswerk deur `n verkeerde wilsrigting teweegbring nie. Deur hierdie verkeerde wil is hulle vir Satan `n gewillige werktuig, want hy kan geen skeppingswerk vernietig en geen materie oplos nie, omdat al die gebonde geestelike van sy mag onttrek is. Maar hy probeer die gebonde geestelike terug te wen, en die mense is hom daarby behulpsaam omdat hulle self bydra tot die ontbinding van die materie.
Ten eerste deur alle moontlike kleinere proefnemings wat egter later so buitensporig sal word dat geen materie hierteen sal kan standhou nie. EK laat dit toe, sodat die substansies wat in die materie gekluister is, vry kan word, ook al is dit ten koste van die hele mensegeslag wat op so `n lae geestelike vlak gekom het, wat `n hernieude kluistering in die materie nodig maak. Wat My teenstander, en die mense wat hom nou onderdanig is, ookal sal doen, hulle sal uiteindelik tog weer sorg dat die ontwikkeling van die geestelike ten goede kom, en wat ook eendag tot voltooiing moet kom. En daarom sal My verlossingsplan van ewigheid af uitgevoer word soos wat aan u verkondig is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205