Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE NADERING VAN `N STER
3 Augustus 1955
Open u hart wyd en maak uself ontvanklik vir My “Liefdestraal van bo” - Luister na wat EK vir u wil sê. `n Sekere teken van die aanstaande einde is die sigbaar word van `n ster wat homself in die rigting van die aarde beweeg en tog `n sonderlinge baan sal inslaan. Hy sal homself dikwels van u blik onttrek en dan weer plotseling tevoorskyn kom, want hy is deur ondeurdringbare newels omhul wat af en toe oplos, en wat homself dan steeds weer opnuut verdig.
U mense beleef iets wat tot nog toe aan u onbekend was. Want die uitwerking van hierdie ster op die aarde is sodanig dat dit u bang om die hart sal maak. U sal bemerk dat die aarde wel eens ten offer kon val van die onbekende hemelliggaam, want hy veroorsaak aansienlike storings op die aarde wat egter vir u onverklaarbaar is. Daar is mense wat deur niks wat daar om hulle heen gebeur ontstel kan word nie, maar wat nou hulle rus verloor. Hulle voel asof hulleself en die hele aarde oorgelewer is aan natuurkragte wat hulle vrees, omdat hulle dit nie kan beheer nie.
En terwille van hierdie mense is die “kragte van die Hemele” in beweging. Hierdie mense wil EK in die besonder aanspreek om te bereik sodat hulle hulleself aan die enige GOD en Skepper kan toevertrou, as hulle hulleself heeltemal magteloos voel. Wat deur mense veroorsaak word, beroer sulke mense nie, al is dit hoe verskriklik in sy uitwerking. Maar swak en hulpeloos word hulle as hulle hulleself oorgelewer voel aan die natuurgeweld. En dan is die moontlikheid dat hulle hulle toevlug tot HOM sal neem wie Heer en Skepper is van alle dinge. Dan eers is dit moontlik dat hulle die weg na My sal vind in hulle nood.
En die skouspel van die natuur sal `n enorme beroering onder die mense veroorsaak en hulle angs sal ook nie ten onregte wees nie. Want sonderlinge verskynsels sal hierdie ster begelei en hy kom steeds nader aan die aarde. `n Botsing skyn onvermydelik te wees volgens die berekeninge van hulle wat die verskyning ontdek het, en wat sy verloop volg.
Maar ook dit het EK u al lank tevore gesê, dat EK u `n “vyand uit die lug” sal stuur. Dit is `n natuurkatastrofe van die grootste moontlike omvang wat die definitiewe einde sal voorafgaan, dit is die totale omvorming van die aardoppervlak, wat u mense nog te wagte staan en tallose offers sal kos. En steeds weer wys EK u op hierdie aankondiging en My Woord is Waarheid en sal vervul word. Maar u moet voor die tyd al daarop gewys word, sodat u mense My wil en mag sal insien, omdat u moet weet dat niks kan geskied sonder My wil nie nie, want EK dink ook aan hulle wat nog heeltemal sonder geloof is, maar wie EK tog nie aan My teenstander wil verloor nie.
Daarom moet u mense weet wat u te wagte staan, sodat u makliker tot geloof kan kom. Veral as u in u nood dink aan HOM, wie Heer is oor Hemel en aarde en oor alle hemelliggame en wêrelde - en aan WIE se wil alles onderwerp is. U moet vooraf reeds kennis daaroor ontvang, en dit kan u dan tot geloof help as u van goeie wil sou wees. Daar kom `n onheil oor u, maar dit kan vir elke wese tot seën wees as hy daardeur die lewe vir sy siel wen, selfs as dit liggaamlik die dood vir die mens sal beteken. Want die hoofsaak is dat hulle My in hulle nood sal aanroep.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205