Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VOORWOORD
Vir ons mense op aarde is daar baie goed bedoelde riglyne en idees, diep deurdagte leringe en hoogstaande opvattings met `n groot en gevoelige lewenserns, waarvolgens ons sou kan lewe. Ook die Christelike geestesrigtings, wat almal beweer die waarheid besit, wil die mense die weg wys wat hulle moet volg. Maar in werklikheid is hier ook baie eie gedagtes en sienswyses, of interpretasies van die waarheid wat uitgedra word.
Ondanks al hierdie pogings ken ons hieruit nóg die weg, nóg die einddoel, en nóg die suiwer waarheid.
Daar is slegs één weg, één waarheid, wat na die een Lewe voer: Jesus Christus.
Hy is die Deur van die skape. (Johannes 10-9)
Niemand kom tot die VADER as deur My nie. (Johannes 14-6)
Pasop dat niemand u mislei nie (Matthéüs 24-4)
Dus buiten al die meerdere of mindere menslike goedheid, moet ons slegs die beste neem, dit is: die waarheid uit God Self.
Jesus sê:
Ek het as `n Lig in die wêreld gekom, sodat niemand wat in My glo, in duisternis (van gees) bly nie. (Johannes. 12-46).
So is daar dus ook slegs één Lig en al die ander is skyn.
Om ontvanklik te wees vir God se Waarheid, vir die beste, moet ons `n lewe lei in liefde, want alleen die ware liefde verbind ons met God; tewens moet ons opreg wens om die suiwer waarheid te wil ken met `n nie vooringenome hart.
Beproef dus elke boodskap of dit uit God is en as dit so is, dan het u die beste wat daar is, en laat al die ander staan.
G.F.K.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205