Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

"ONDERSOEK ALLES EN BEHOU DIE GOEIE"
B.D. 6676 - 24 Oktober 1956
Ondersoek alles en behou die goeie. Dit sê Ek aan hulle wat altyd geneig is om te twyfel, hulle wat geen ware vermoë besit om te oordeel nie en angstig `n geestelike lering aanneem wat aan hulle op ongewone wyse aangebied word. Laat dit u heeltemal vry van vooroordele aanbied en vra My dan om die verligting van die gees en dink na oor dit wat ontvang is. En wat vir u voorkom as nie-aanvaarbaar nie, omdat u nog nie in staat is om dit as waar te beskou nie, skuif dit eers eenkant toe en verkwik u aan dit wat na `n ernstige ondersoek geloofwaardig is. Ek verlang nie van u dat u blind sal moet glo nie. Ek verlang van u `n ondersoek van die geestelike goed wat na u toe gebring word, u sal daaroor moet nadink en dit is beter dat u afwys wat vir u onbegryplik voorkom, as dat u alles sonder beswaar aanneem, want so `n besit, waarteenoor u nog geen denkende standpunt daaroor ingeneem het nie, bring u geen seën nie. Maar as u dit ernstig bedoel en verlange het na die suiwer waarheid, sal u ook duidelik die waarheid herken wanneer geestelike leringe wat in My hulle oorsprong het, u deur My bodes aangebied word. Want die woord het die krag om in homself lewe te gee, wel vooropgestel dat die lewe nagestreef word.
Ondersoek alles en behou die goeie. Is hierdie woorde nie in teenspraak met die voorwaarde om te glo sonder om daaroor na te dink nie? Ek Self laat u tog vry in wat u sal glo, wanneer Ek u vra om die goeie te behou. Ek laat u vry, omdat Ek geen blindelingse geloof van u mense verlang nie. Maar waarom verhinder u die mense om te ondersoek, van wie u eis dat nadenke oor leerstellings van die geloof agterweë gelaat moet word. Handel u nie teen My Wil nie? En is uself dan bewus van die gevolge wat so `n geloofsdwang vir die mense oplewer?
Steeds weer benadruk Ek die vryheid van die wil, steeds weer stel Ek die verantwoordelikheid van elke mens afsonderlik voorop vir sy wilsbeslissing, steeds weer waarsku Ek steeds teen geestelike dwang en maak dit vir u duidelik waarop dit in die aardse lewe eintlik op neerkom. En ook die Skrif gee aan u die bewys met hierdie woorde: "Ondersoek alles en behou die goeie". En elke ernstige mens wat My Wil wil vervul, sal hierdie woorde met agterdog moet bejeën, sodat dit tog nie ooreenstem met die gebooie van die kerklike kant af nie en hom aanspoor om na te dink. Want Wie se woorde, Wie se leerstellings is nou geloofwaardiger?
En u sal aan hierdie woorde van My geen ander betekenis kan toeskryf as hierdie nie: om standpunt in te neem teenoor elke geloofsleer. U sal daarteenoor stelling moet inneem, hulle wat vir u `n geestelike leer voorhou, laat dit nie toe nie, want ook die suiwer waarheid uit My, wat regstreeks van bo na u toe sal kom, sal u mag ondersoek en Ek sal u nie veroordeel wanneer u nie alles sonder beswaar kan aanneem nie. Slegs sal u My altyd om raad moet vra en Ek sal aan u die begrip gee vir dit wat u nodig het om u siele te laat ryp word. En is u graad van rypheid nog laag, dan sal u nie in staat wees om alles te begryp nie, maar uself bepaal wat u sou wil aanneem.
Ondersoek alles en behou die goeie. Want daarmee toon u die erns van u gesindheid en die verlange na die waarheid. Maar wie sonder ondersoek aanneem, laat sy onverskilligheid sien, en hy sal homself ook nooit met die waarheid besighou nie, omdat hy onverskillig is. Maar so `n instelling mag nooit geëis word om van sy kant verantwoordelik te word nie, die mense moet aangespoor word, maar mag nie verhinder word om hulleself met geestelike lering besig te hou nie, want dan eers kan dit van seën wees en word die mens gehelp om die sielsrypheid te bereik, omdat die vrye wil dan ingeskakel word op watter besluit dit alleen neerkom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205