Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GEESTELIKE DWANG - DOGMAS – WAARHEID
B.D. 5546 -2 Desember 1952
Die Geestelike vryheid moet gehandhaaf word, die mens mag nie gedwing word om sy gedagtes in hierdie of daardie rigting te laat gaan nie, dit moet hom vrystaan, om homself by `n geestelike rigting aan te sluit, eers dan word My Wil vervul, want dit gaan om die vrye wilsbeslissing wat elke mens self moet neem, sonder om deur dwang beïnvloed te word. Daarom sal Ek nooit as te nimmer `n geloofsdwang goedkeur wat deur dogmas, die mense gebonde maak in hulle denke en hulle elke moontlikheid ontneem om te ondersoek en te kies nie.- Die mens word daardeur `n bepaalde denke opgelê en kom nou tot algehele verkeerde gevolgtrekkings, wanneer daar van verkeerde vooronderstellinge uitgegaan word. Hy kan beswaarlik tot die waarheid kom, wat die mens alleen kan verkry deur dit ernstig te begeer.
In die aardse lewe word die waarheid aan die mens gebring; omdat hy in staat is om te kan dink en sy wil alleen beslis of hy korrek dink. Hy kan korrek dink, maar moet steeds self aktief wees, dit wil sê hy moet teenoor alles wat aan hom van buite af gebring word, self standpunt inneem en dit vra `n eie werksaamheid van die verstand, en wat nog belangriker is, verlange na die waarheid, dit wil sê, die wil om korrek te dink. Hierdie wil word onvoorwaardelik deur My gerespekteer, dit sal steeds toegestaan word, omdat Ek as Waarheid Self, My skepsele ook nader aan Myself wil bring. Maar Ek kan nooit aan `n mens wat steeds glo wat van buite aan hom vertel word, wat nie na die waarheid verlang nie, die waarheid laat toekom nie. Elke mens moet self ondersoek doen, want net so goed kan aan hom iets verkeerds as waarheid voorgehou word en die mens is self verantwoordelik vir wat hy besluit.
Dit is verkeerd om teen te werp dat die meeste mense nie tot ondersoeke in staat is nie. Die verstand alleen is nie maatgewend nie, maar wel die wil om korrek te dink; en die verstand van die mens sal homself dan ook so instel om te bevestig of om te verwerp, omdat Ek Self dan tussenbeide kom wanneer hy na die waarheid verlang. Daarenteen kan die denke van `n hoogs ontwikkelde verstand maklik `n prooi van dwaling word, waar slegs die verstand en nie die hart en die wil op die suiwer waarheid gerig is nie. En daarom is dit nie in orde om sonder ondersoek sekere kennis aan te neem nie, om sonder ondersoek leerstellings te aanvaar en om sonder ondersoek `n geestelike rigting te kies nie. - wat tot gevolg het dat daar nie net een geestelike rigting bestaan nie, inteendeel, die afwyk daarvan word steeds weer bevestig dat daar `n ondersoek uitgevoer moet word by watter geestesrigting die waarheid te vinde is. Want elkeen wat sy geestesrigting aanhang, het dit met sy verstand gekies, maar wanneer hy homself nie ernstig, met die aanroep van My ondersteuning deur My Gees, daarmee besig hou nie, is die waarheid nie gewaarborg nie. Wie hierdie pad sal kies, kan daarvan seker wees dat die suiwerste waarheid aan hom gestuur sal word en hy sal ook innerlike oortuig wees wanneer hy daarby uitkom.
Maar elke afsonderlike siel is verantwoordelik vir haar keuse en soos haar wil is, so is ook die resultaat. Maar solank die mense in `n bepaalde gedagterigting gedwing word, solank enkeles meen hulle geroepe te wees om aan die medemens `n kennis voor te hou wat hulle self as waarheid wil erken sien, kan hulle, met ernstige ondersoek, dit egter self sal afwys, maar intussen sien dit onder die mense bedenklik daaruit, want slegs die waarheid help die siele om ryp te word, slegs deur die waarheid kan hulle na My toe kom en slegs deur die waarheid kan hulle vry word van die sonde en die gevolge daarvan, want die waarheid is afkomstig uit My en vloei weer terug na My.
Maar wat nie van My is nie, wat by `n ware ondersoek as dwaling te sien is, is van My teenstander en dit sal u waarlik nie help om geluksalig te word nie, hy sal u nie na My toe lei nie, hy probeer om u (van My) weg te dwing, u gees te verduister en u self (aan hom) onderworpe te maak. Slegs die waarheid maak salig en die waarheid sal u slegs kan hê, wanneer u My Self, daarom vra wanneer dit u verlange is, om van My die waarheid te verkry. Maar dit stel steeds u medewerking voorop en niemand kan vir u die verantwoordelikheid dra nie, niemand kan die beslissing uit u hande neem wat u terwille van die heil van u siel self sal moet neem nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205