Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

BEROEPSMAGTIGE SENDELINGE – SKOOLKENNIS
B.D.2800 - 6 Julie 1943
Elke missie op aarde wat die verlossing van gekluisterde siele ten doel het, is God welgevallig en daarom ook deur Hom geseën, maar die strewe van hulle, wat aan hulleself so `n missie as lewenstaak gestel het, moet wees: om die suiwer waarheid te versprei. En daarom kan nie elkeen, wat self nie die waarheid besit nie, hierdie taak op homself neem nie. En wederom is die wil van die mens deurslaggewend, die beweegredes as maatstaf wat hom daartoe aanspoor om met hierdie taak te begin. Die goeie wil om God te dien en verdwaalde siele na Hom toe te lei; sal aan hom ook die suiwer waarheid oplewer, wat hom in staat sal stel om verlossend werksaam te wees op aarde. En daarom moet met so `n voorneme eers die besef van sy eie onwetendheid voorafgegaan word, wat hom aanleiding sal gee om homself innig na God te keer en Hom om verligting van gees te vra. Dan is die eerste voorwaarde vervul vir `n beroep wat `n drang vanuit die hart moet wees, maar nie `n "beroep" in die letterlike sin van die woord nie.
Die gevaar van laasgenoemde bestaan egter, sodra die mens meen om wetend te wees deur skoolgeleerde kennis, wat hom ewenwel nie in staat stel om as leerkrag, werksaam te wees nie, omdat hy self die waarheid nog nie insien nie en dit daarom ook nie verder kan uitdra nie. En nooit sal hy dan die medemens korrek kan onderrig nie. Hy sal vir hulle, die sin en die doel van die aardse lewe nie begryplik kan maak nie, omdat hy nie op hoogte is van die allereerste begin en die einddoel van hulle wat die gang oor die aarde moet deurmaak nie. Hy hou homself slegs streng by dogmatiese leerstellings wat wel weer deur die skole deurgegee word, maar wat nie die siel aanspoor om werksaam te wees en nie die gees in haar kan wek nie. Die mens neem slegs kennis in met sy verstand, maar dit dring nie deur tot die hart nie en veroorsaak daarom geen omvorming van die siel nie, wat egter absoluut noodsaaklik is, sodat hierdie siel verlos sal word uit haar gebonde staat. En gevolglik kan hierdie boekekennis nooit toereikend wees vir die missie wat die verlossing van verdwaalde siele ten doel het nie.
En nou is dit ook begryplik hoe onsuksesvol beroepsgerigte sendelinge se werk is, wanneer die diepste deemoed teenoor God en die diepste liefde tot die medemens, hulle nie tot die taak aangespoor het nie. Want alleen die laastes is die ware dienaars van God, wat tot heil van die medemens onder hulle kan werk; Die ware godsdiens bestaan slegs daarin: Om te help met die verlossing van hulle wat uit God voortgekom het en hulleself van Hom afgeskei het, maar van wie die ewige Liefde Hom nooit sal afwend nie. En sodra `n mens aan homself hierdie lewenstaak stel en met die besef van sy eie onwetendheid God se steun begeer, dien hy God en sal hy sy taak nougeset en suksesvol kan uitvoer, hy sal sy missie op aarde vervul en bydra tot die verlossing van die gebondenes, terwyl die eintlike beroep van `n dienaar van God, geen waarborg is dat hy die voorwaarde vooraf vervul het nie en daarom moet ook sy bekwaamheid om die medemens in die waarheid te kan onderrig, ontsê word en moet gevolglik ook die verlossing van hierdie siele in twyfel getrek word, omdat slegs die waarheid die mense kan vrymaak, omdat slegs die suiwere waarheid verlossend werk.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205