Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE "VERBETERING" VAN DIE WOORD VAN GOD - MISVORMING VAN DIE WAARHEID
B.D.8448 - 25 Maart 1963
My Evangelie kan nog so suiwer as moontlik van Bo aan u gestuur word maar u mense sal dit nie lank onveranderd laat nie en daar sal steeds weer dwalings binnesluip wat deur die verstand van die mens uitgedink is, maar daarom moet dit steeds weer reggestel word as die mense, wat dit ernstig verlang, in die waarheid wil verkeer. Wanneer gedagtes eenmaal ingesink het in `n mens, sal hy nie maklik geneig wees om daarvan los te raak nie en dit is ook die rede dat My teenstander die verstand van die mens betrek om hom in sy verkeerde opvatting te versterk. Steeds verdedig u die mening dat Ek die waarheid beskerm. Maar die vrye wil van die mens maak dit vir u duidelik dat elke misvorming van die waarheid moontlik is. Maar ewe goed sal u in vrye wil die suiwer waarheid kan begeer en dan sal dit u ook te beurt val.
My woord van bo is waarlik `n barmhartigheidsgeskenk van My, wat vir u heilig behoort te wees, dat u nie sou durf waag om die Woord te misvorm (verdraai) nie. Maar juis omdat die mens onvolmaak is en hulleself nog in duistere sfere ophou, sien hulle die groot waarde van My woord nie in nie en deins hulle nie daarvoor terug om die eie gedagtes van hulle verstand daaraan toe te voeg nie en gevolglik die waarde daarvan te verlaag wat Ek hulle uit die hoogte laat toekom het. En dan sal daar met verloop van tyd verkeerde opvattings ontstaan, die lig sal vertroebel word en sy intensiteit verloor, omdat slegs die suiwere waarheid, wat van My Self uitgaan, helder lig kan skenk.
Dink u tog eens in, mense, u wat uself aanmatig, wanneer u die Woord van God verbeter, wanneer u geloof die mens `n beter verteerbare spys kan aanbied, deurdat u veranderinge daarin aanbring, waartoe u waarlik nie die reg het nie. Daar sou op aarde nie `n sonsverduistering kon gewees het as My lig van bo nie steeds weer van sy ligkrag verloor het nie, want al dikwels gee Ek van bo `n helder lig aan diegene wat My daarom vra. En wie dit aanvaar, bevind homself ewe-eens in die lig van die waarheid en hy kan ook die waarheid deurgee; Dog steeds weer kom die menslike verstand tussenbeide, steeds weer het die eieliefde, die geldingsdrang van die mens en sy materiële instelling daartoe aanleiding gegee, om homself van My Woord, wat van bo na die aarde gestuur was, te bedien om, in die ware sin van die woord, uit te buit terwille van aardse sukses. Die geestelike sukses sal dan slegs karig wees, dit sal slegs daar wees waar weer diepe verlange na die Waarheid oorweeg word, sodat Ek Self werksaam kan wees in `n mens en hom dit duidelik laat insien, wat ooreenstem met die waarheid, terwyl Ek hom `n wil om weerstand te bied teen valse geestelike leringe in die hart lê. En daarom kan Ek u maar net steeds attent maak op die Bron, neem dit aan wat regstreeks van My af uitgegaan het en wat onveranderd na u gestuur word.
U sal steeds moet ondersoek en nie alles aanneem wat na u toe gebring word nie, maar u sal ook in staat moet wees om die ware bron te onderken, wanneer u dit ernstig sal wil. En hou u dan aan dit wat u sal ontvang, want u sal dan put uit die "water van die lewe", wat waarlik `n genesende werking het, wat aan krag nie oortref kan word nie, want dit gaan regstreeks van My uit en straal binne-in u hart, dit raak u siel en is vir haar spys en drank wat aan haar die ewige lewe besorg; Daarom sal u mense u waarlik gelukkig kan ag wanneer daar onder u `n mens is wat Ek as opnamehouer vir die instroming van My Gees kan uitkies, hy wat vir u `n bron geword het waaruit die lewende water stroom. U sal u gelukkig kan ag om te weet dat die lewenswater wat u so suiwer en helder aangebied word so is soos dit uit die bron vloei wat Ek Self vir u ontsluit het. Kniel neer en put daaruit en waarlik, u sal gelaaf en kragtig gemaak word om u weg oor die aarde te kan voortsit. U sal in die lig van die waarheid wandel en dan ook op u medemens so kan inwerk, dat ook hulle die weg neem na die bron, as hulle slegs van goeie wil is. Maar die misvormde woord sal steeds meer aan waarde verloor en dit sal ook slegs deur diegene uitgedra word by wie die verlange na die waarheid ontbreek, wat hulself daarom ook nie aan die veranderinge of dwaallere steur nie, maar sonder beswaar alles as waarheid verdedig, ofskoon dit nie in hierdie vorm eens van My uitgegaan het nie. Niks sal lank suiwer bly bestaan wat die onvolmaakte mens in besit neem nie, maar steeds sorg Ek weer daarvoor dat die suiwere waarheid na die aarde gebring word en u mense hoef dit slegs ernstig te begeer en dit sal u toekom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205