Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE MASSA STAAN NOOIT AGTER DIE WAARHEID NIE – VERBREIDING – TEENSTANDER
B.D. 6493 - 6 Maart 1956
U mag u nie van koers laat bring deur die misleiding van My teenstander nie, u sal dit inteendeel steeds maar net daarop moet let wat vir u duidelikheid gee, wat as sagte lig van bo neerstraal. Die lig, die waarheid uit My, tref u oë nie met `n verblindende skynsel nie, dit wil sê, nooit sal die waarheid so plotseling oplig en deurbreek in die openbaar nie. Want die "goddelike lig" word nie deur die wêreld herken en erken nie en dit sal nie vinnig versprei word nie, maar vir die "betowerende lig" sal baie oë oopgaan, dit word heelwat eerder aangeneem as die suiwerste waarheid, die Lig van die Liefde uit My. Want dit is die teken van die ondeurdringbare duisternis vóór die einde, dat die mense vir die leuen oopstaan, vir alles wat uit die onderste ryk voortkom, dat hulle geen begrip meer sal hê vir die goddelike waarheid nie.
Maar sodra My teenstander `n bedrieglike lig sal laat opflits, het hulle geen afwering daarvoor nie, veel eerder trag hulle om dit oral te versprei, hulle help saam om die nag nog meer te verduister, omdat hulle hulle oë ongevoelig gemaak het vir `n sagte stralende lig. Want hulle wil nie innerlik verlig word nie, hulle wil hulle slegs verlustig aan `n vuurwerk wat slegs lig moet optower en `n genot is vir die oë. En tog sal in die laaste tyd steeds meer ligdraers opstaan en dwarsdeur die duisternis heen gaan en die paar wat hulle lig as `n weldaad ondervind nog om hulleself versamel. Daar sal in die laaste tyd nog baie bodes van bo werk op die aarde, om aan die mense, wat van goeie wil is, hulp te verleen. My woord sal verkondig word deur dienaars wat vervul is met krag, wat vanweë hierdie missie op die aarde gekom het om die lig van die waarheid die duisternis binne te dra. Maar hulle almal sal slegs in die verborgenheid werksaam wees, hulle sal weliswaar nie daarvoor terugdeins om openlik en vrylik tot die mense te spreek nie, maar in die wêreld sal mense weinig notisie neem van hierdie verkondigers van My leer en My Naam. Maar die weiniges wat die nag sal wil ontvlug, sal van hulle helder lig ontvang. Want hulle woorde het groot krag. En waar hierdie dienaars van My optree, sal My teenstander nie lank op hom laat wag om die lig uit te doof of te verduister nie en om daarom op so `n ongewone manier te voorskyn te kom dat die wêreld aan hom aandag skenk. En daaraan sal u weer sy werksaamheid kan herken.
U weet dat die aanhangers van die wêreld in sy mag is, dat hulle nog eindeloos ver van My verwyderd is en dat My werksaamheid nooit in hulle gebied ingang sal vind nie. Maar wat in die openbaar versprei word, kom van hom af en die werksaamheid van My dienaars sal juis daar geen aanklank vind nie, terwyl My teenstander egter sukses sal hê. Nooit sal die massa agter die waarheid staan nie, maar steeds agter dwaling en leuens.
Maar My ware verteenwoordigers op aarde sal hulle nie daaraan steur dat daar aan hulle geen geloof geskenk word nie, des te yweriger sal hulle werk en met oortuiging van My en My spoedige koms spreek. Want Ek sal aan die aktiwiteite van My teenstander `n einde maak wanneer sy tyd gekom het. Maar voor dit sal gebeur, sal nog baie ligdraers oor die aarde gaan, omdat die lig oral heen gedra moet word om die harte van die weinige mense te verlig wat My teenstander nog nie in sy mag het nie. Sy doen en late sal duidelik te sien wees, maar vir Myne is ook My sorg duidelik sigbaar, om hulle uit die duisternis weg te voer na die lig.
Verwonder uself nie dat u wat My wil dien, weinig ingang vind met die woord wat u van My ontvang het nie, want ook dit is `n teken van die verduisterde gees, `n teken van die lae vlak van die mense voor die einde, waarby My teenstander eerder resultate sal bekom as u, My ligdraers.
En tog sal die lig homself uit sy baan losbreek en weereens helder die werkinge van My teenstander belig. Maar nog het sy tyd nie gekom nie, (1956) nog kan hy na eie wil sy gang gaan.– Maar spoedig sal daar perke aan sy optrede gestel word, dan sal My Lig met `n helder glans van bo straal, dan sal daar geen duisternis meer wees nie, dan sal die mense, wat My Lig al op aarde aangeneem het, geluksalig wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205