Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

"BEPROEF DIE GEESTE OF HULLE VAN GOD IS"
Eerste brief van Johannes: Hoofstuk 4 vers 1-3
B.D. 8962 - 14 April 1965
Die wil van die mens moet vry bly, hy kan nóg tot aanneming nóg tot verwerping gedwing word, want dit is die wet van die goddelike ordening. Maar die erkenning van diegene wat u deur My groot Liefde en barmhartigheid aangebied word, sal vir u steeds moontlik wees en daarom sou u nie voorbarig aan iets moet verbygaan en dit prysgee maar net omdat die bestaande dwaling blootgelê is en aan u `n waarheidsgetroue duidelikheid verskaf is nie. Oorweeg dit eers: dat aan u maar net iets beters gebied word, dat u negatiewe gedagtes sal moet laat vaar wat u `n verkeerde beeld van My gegee het, dink daaraan dat dit steeds maar net iets is wat gekorrigeer moet word wat homself nie met My Volmaaktheid in ooreenstemming laat bring het nie, oorweeg verder dat geen slegte gees aan die werk kan wees wat u oor Jesus en Sy verlossingswerk uitsluitsel kan verskaf nie, wees ook daarop bedag dat daar niks onveranderd bly nie, soos dit eens van My uitgegaan het, omdat daar geen mens bestaan wat volmaak is nie en daarom elke mens ook kan dwaal of homself vergis, maar dat Ek, wanneer daar `n dwaling binnegesluip het, dit steeds weer moet regstel om u weer in die suiwer Waarheid te lei.
Wanneer u, mense dus aan die opheldering oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk sien dat daar slegs `n goeie gees aan die werk kan wees en wanneer u nou onophoudelik daarvan in kennis gestel sal word dat Ek u vanaf die heel begin in alle volmaaktheid buite Myself geplaas het, wanneer Ek u die skeppingsdaad steeds slegs so voor oë stel dat u nie aan My Volmaaktheid hoef te twyfel nie, dan het Ek ook My redes daarvoor gehad wat die groot dwaling die hoof moes bied, wat al heeltemal teveel mense aangeneem het. Dus moes Ek dit weerlê en vir My `n opnamehouer kies (B.D.) wat u te alle tye sal kan beproef op sy geloofwaardigheid, deur die duidelikheid oor Jesus en Sy verlossingswerk, oor die motivering en die betekenis daarvan. En waarlik, slegs Ek Self kon u aanspreek, slegs Ek Self kon aan u alle samehang duidelik maak en aan u die bewys gee dat u deur My aangespreek word.
Maar waarom sou u nou die duidelikheid oor die dwaling nie wil aanneem nie, wat tog duidelik voor die hand liggend is? Want Ek spreek Myself nie teë nie, maar duidelike teenspraak is vir elkeen in te sien wat ernstig nadink oor My Wese. Maar wanneer u die suiwer Waarheid aangebied word, dan word vir u ook ander vrae opgelos wat noodgedwonge op `n verkeerde gedagte moes volg, soos hierdie: Waarom gee Ek Myself soveel moeite om die (sogenaamde) deur "My Self in die sonde gestorte" geestelike uit die ongelukkige staat te help? En waarom wil Ek u dus na die volmaaktheid lei, wanneer Ek Self nie volmaak is nie, wat hieruit volg is dat u My beskou met menslike swakhede, `n weerlegging wat nooit van My uitgegaan het nie en dit is daarom op te merk as sataniese invloed.
Ek kan nie dikwels genoeg teen hierdie dwaalleer, dat daar in My teenstellinge bestaan, beswaar maak nie, maar wat u as vanselfsprekend aangeneem het, juis omdat u as mens niks volmaak vir u kan voorstel nie. Die hele skeppingsdaad sou homself sonder Liefde en Wysheid afgespeel het en tog was Liefde en Wysheid bepalend: Maar met My Liefde en Wysheid is dit nie in ooreenstemming te bring nie, dat Ek My skepsele geskape het met bose begeertes omdat dan nie van `n "sonde teen My" gespreek kan word nie, maar hierdie sonde het plaasgevind en bestaan slegs in die "afwysing van die Krag van My Liefde". Vanweë hierdie sonde gaan die wese die verskriklike weg deur die skepping en hierdie sonde word weer slegs daardeur ongedaan gemaak, deurdat die mens in vrye wil weer die strale vanuit My begeer. Hierdie sonde van die afwysing van die Krag van My Liefde, het ook die verduistering van die gees tot gevolg gehad, waarin die wese vir die slegte eienskappe, wat nou uit My teenstander voortgekom het, ontvanklik was. Sy wese was dus verander in die teenoorgestelde en moet al hierdie bose eienskappe gedurende sy gang oor die aarde kwytraak, waarby Ek hom behulpsaam is op elke manier.
Dog vir die delg van die groot sonde van die afwysing van die Krag van My Liefde is die verlossingswerk van Jesus Christus `n vereiste. Dit kan nie deur die wese self afgelos word nie, omdat dit plaasgevind het in die toestand van die helderste insig, in die toestand van volmaaktheid, wat die wese sou moes weerhou van die sonde wat egter die inwerking van die teenstander was, wat as eerste My Liefde afgewys het en nou in hierdie gesteldheid al die bose uit homself na buite voortbring en op die wesens wat hulleself vrywillig aan hom oorgee, oordra, en dus saam met hom neerstort in die dieptes.
Wat het u daarteen wanneer Ek u voortdurend oor My eindelose Liefde aanspreek, Wat dit eens "aan Homself te danke sou hê" dat u geval het? Hierdie grenslose Liefde kan maar net `n hoogs volmaakte Wese hê en Sy probeer om ook daarvoor te sorg, om aan u die vroeëre volmaaktheid weer terug te gee, wat u vrywillig weggegee het. So sal Ek steeds en altyd weer teen verkeerde leerstellings opkom, om aan u die geloof terug te gee in My Volmaaktheid, totdat Ek ook u volle liefde verwerf het, wat die oertoestand weer tot stand moet bring hoe u uit My voortgekom het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205