Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DAAR BESTAAN GEEN TWEE SOORTE OPENBARINGE NIE
B.D. 8460 - 6 April 1963
Ek kan geen toegewings maak waar dit gaan om die stuur van die suiwer waarheid nie. Verstaan dat daar slegs één waarheid is en kan wees en dat dit van My uitgaan, omdat Ek alleen alles weet, en ook Ek slegs die kennis kan laat toekom aan hulle, wat `n diep verlange na die waarheid het en hulleself innig met My verbind, dus hulleself waardig en geskik maak om helder lig te ontvang. En Ek sal ook nie met twee monde spreek tot die mense nie, deur die een dit en die ander iets anders te leer nie. Want die waarheid is ewig onveranderlik en laat homself ook geen beperkinge oplê deur menslike denke wat vroeër mislei was nie.
Ek sal steeds aan u, mense duidelikheid verskaf as u aan sulke dwalinge ten prooi geval het. En sodoende moet Ek ook sake aan die kaak stel waar My teenstander reeds terrein gewen het, en Ek verkeerde opvattinge openlik moet laat uitkom. En dit sal Ek ook doen sodra goddelike openbaringe na die aarde gestuur word. Want aan die volledige ooreenstemming kan uself nou die herkoms van sulke openbaringe toets. Dit sou egter My Wysheid volkome teenspreek as Ek mense iets wat verkeerd is, wil leer, dus My onderrig wil aanpas aan hulle tot dusver gebruiklike denke, wat verkeerd is.
Die Waarheid moet meedoënloos die dwaling blootlê, omdat slegs die waarheid die siel tot heil strek, omdat slegs die waarheid die weg is wat na My lei. En die mense wat innig met My verbind is, sal ook altyd slegs deur die suiwer waarheid gelukkig wees en die dwaling bereidwillig opgee. En dus sal `n mens wat in die liefde leef, homself geïmponeer voel deur die waarheid, en ook insien dat hy tot nou toe verkeerd onderrig is. Want die dwaling, of ook My teenstander, kan hom nie bind aan die wat homself aan My oorgegee het nie. Hy sal homself sodoende kan losmaak van verkeerde opvattinge en die waarheid sonder beswaar aanneem. Wat moet mens egter van openbaringe dink wat kennelik binne sulke deur mense bepaalde grense voorkom? Ek wil wel My Woord oral heen lei, Ek wil My aan alle mense openbaar, dog daarvoor het Ek leë opnamehouers nodig, mense wat nie deur sulke verkeerde opvattinge veranker is nie, dat hulle dit nie vrywillig sal opgee of in twyfel sal trek nie. Wil Ek My aan `n mens openbaar, dan moet hy, deur te twyfel aan die waarheid wat hy besit, na My toe gedryf word, sodat Ek aan hom die Lig van die Gees kan skenk. Eers dan kan Ek aan hom duidelikheid verskaf, maar egter nooit solank hy nog gebonde is en homself innerlik nie wil vrymaak van dwaalleringe nie.
My openbaringe vereis `n leë opnamehouer wat Ek nou kan vul. En dan sal Ek ook duidelik uiteensit wat nie ooreenkom met die suiwer waarheid uit My nie. Want Ek kan nie twee verskillende geestelike leringe vanuit My verkondig nie en Ek sal ook niks versluier nie, maar alles onthul, omdat u mense lig nodig het om die ware weg te vind en terug te keer na My in die Vaderhuis. Wat dus ooreenstem, dit is ook deur My aan u mense gestuur - sodra die voorwaardes aanwesig is wat My openbaringe toelaat. Is daar egter teenstrydighede is, dan sal u moet oplet en `n ernstige ondersoek instel, want Ek Self kan geen toegewings toelaat wat die waarheid weerspreek nie. Maar Ek wil alle mense nog voor die einde wen, en daarom wil Ek ook vir hulle wat nog op `n dwaalspoor gelei word, die goeie weg wys - en waarlik, wie homself geheel en al aan My oorgee, hy sal ook deur `n ware Lig verlig word en hy sal `n uitweg vind uit die verwarring, wat vir die lou en onverskillige mens nie verwarrend is nie.
My teenstander het die mense so in sy mag, dat hy hulle tot fanatici gemaak het wat niks anders meer wil laat geld; of dit nou lede is van `n kerklike organisasie of sektes - of van die mees verskillende geestelike rigtings nie Dit is begryplik dat hulle nie vir rede vatbaar is wanneer My boodskappers aan hulle die suiwer waarheid wil bring nie. Dit bewys hulle verbinding met hom wat in hulle geen helder gedagtes laat opkom nie, maar hulle aansit om alle fanatiese dwaallere uit te dra en te verdedig. En dit sal moeilik wees om hulle dan vir die suiwer waarheid te wen; selfs die wat van goeie wil is laat hulleself verblind, omdat die teenstander op dieselfde wyse optree om die mense te laat beweeg om valse opvattings as goddelike werk te versprei.
Maar steeds sal Ek die mense wat hulleself volkome en heeltemal bewustelik aan My oorgee en van My altyd slegs die Waarheid afsmeek, behoed om valse lering aan te neem.
Maar u moet almal opmerksaam wees, want die teenstander beskik oor baie truuks om sy aanhang vir homself te behou. En hy sal teen die waarheid ingaan tot aan die einde, tot Ek Self aan sy aktiwiteite `n einde sal maak en hom opnuut in kettings bind, omdat die uur van die einde gekom het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205