Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE PROEF VAN GEESTELIKE LERING
B.D.8407 - 9 Februarie 1963
Daar sal nog vreeslik baie geestelike leringe aan u vertel word, wat sogenaamd van My moes uitgegaan het, en u sal dit steeds sorgvuldig moet beproef of hierdie geestelike leringe ook hulle oorsprong in My het. U sal dit ook kan doen, sodra dit u wil is om die egte suiwer Waarheid in ontvangs te neem en u My vra om bystand. My Gees is wel oral werksaam, omdat dit noodsaaklik is dat daar vir die mensdom in haar geestelike duisternis `n lig aangesteek word. Maar hiervan maak My teenstander ook gebruik, deurdat hy om die mense in die war te bring, homself kamoefleer, want hy is nie in staat om `n ware lig te gee nie, dit sal steeds skynligte wees wat hy vir u aansteek en u oë sal deur die vals lig verswak word, sodat hulle dan ook moeilik die sagte skynsel van `n ware lig sal herken. Want hy verberg homself agter groot (belangrike) name en skep daardeur verwarring. Die mense durf dit nie afwys nie en tog word hulle op `n dwaalspoor gelei deur diegene wat dit aan hulle uiter. En u sal skrik as u sou weet in welke mate sy teenwerking in die stryd gewerp is en wat hy sal bly insit tot die einde toe.
Die mense verlang ongewone kennis en hierdie begeerte maak sy werksaamheid moontlik, deurdat hy met die kennis wat hy bekend maak, valse hoop opwek, wat egter nie die geringste waarde het vir die siel van die mens nie, wat slegs oor die aarde gaan met die doel om ryp te word. Hierdie "leraars" sal wel bedrieglike woorde spreek, en net hulle wie dit opmerksaam beproef, sal moet toegee dat daar geen wins te behaal is uit sulke onderrig nie, omdat My teenstander self geen lig besit nie, het hy nie die vermoë om dit te kan uitdeel nie, dus gaan daar vir hom geen "lig op nie". En steeds kan Ek u slegs daartoe aanspoor om My innig om verligting van die gees te vra, dan sal dit in u ook helder en duidelik word en u sal dit afwys wat nie van My uitgegaan het nie.
Van baie kante sal u steeds dieselfde woorde aangebied word, want My teenstander besit geen kennis nie, en kan daarom ook geen kennis oordra nie. En net `n ware kennis ooreenkomstig die waarheid skenk aan diegene wat dit ernstig begeer, `n lig. Wat u dus in werklikheid lig gee, neem dit aan – wat u ware kennis gee oor My en My Wese en oor My heilsplan van ewigheid, sodat u nou ook helder en duidelik u eie gegewens verstaan, is `n lig wat Ek Self vir u aansteek. Maar word u met leë woorde betrek wat geen dieper kennis skenk oor dit wat u was, wat u is en weer moet word nie, wanneer u opgeroep word om te werk vir die Ryk van God, maar u geen uitleg gegee word waaruit hierdie arbeid bestaan en waarom dit verrig moet word nie, dan sal u dit tereg kan afwys as hol frases wat u maar net moet oorbluf maak. En u sal u moet afvra of u wel wins sou kan bekom wanneer glad niks anders aan u bekend sou wees nie, as wanneer u, as totaal onwetend, slegs uit sulke mededelinge duidelikheid sou moes verkry het. U sou waarlik geen enkele wins kan behaal nie, omdat alles slegs leë woorde is, wat alleenlik van My teenstander uitgaan om u in die war te bring en die suiwer waarheid van u verwyderd te hou.
Steeds weer sal hy probeer om ook in My geledere verwarring te saai, omdat ook onder Myne verskillende menings bestaan en die mense vir die geestelike strewe moeg word, wanneer daar nie vir hulle volledige duidelikheid geskenk word nie. Maar u besit al soveel lig, dat u ook sy aktiwiteite, sodra u dit onbevooroordeeld sou ondersoek, sal herken.
Neem daarom steeds slegs die weg na My en wens vir duidelikheid en u sal dit in die hart voel wat u sal kan aanneem en wat u sal moet verwerp. Want die mag van My teenstander is gebreek sodra hy dit by diegene wil gebruik wat deur hulle wil al aan My behoort, want hulle sal Ek beskerm teen dwaling, omdat hulle die waarheid begeer.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205