Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

MY SKAPE HERKEN MY STEM - "AFWEER"
B.D.4726 - 28 Augustus 1949
Soos wat u uself teenoor My woord instel, so stel Ek My teenoor u in. Want dit is die stem van die VADER, wat tot u spreek, wat u sal moet herken as u My liefhet, dit wil sê My gebooie onderhou. Aan hom aan wie My woord bekend gemaak word, neem dit aan as hy My liefhet, of het My nie lief as hy My afwys nie, dit wil sê as hy nie My gebooie vervul nie, want hy leef nie in die liefde tot God en sy naaste nie, andersins sou hy My woord herken het as die stem van die VADER. Dit sal vir u dus begryplik wees dat Ek hulle wat My in die woord opneem, seën, maar My seën onttrek aan die wat My afwys, want hulle, wat My Woord verwerp het, sal nie kan sê dat hulle My nie herken het nie.
My skape herken My stem en wie dit herken, staan ook daarvoor in, hy staan heeltemal in vir My woord en vrees nie om dit deur te gee nie. Want waar is `n kind te vinde wat aan die woorde van sy vader geen geloof heg nie? Ek het na Myne gekom en hulle herken My nie. En nou kom Ek weer na My kinders, maar minder as ooit gee hulle ag op My stem, omdat hulle nie die ware verhouding van kind tot My het nie, omdat hulle aan die wêreld meer reg toeken en vir My nie veel meer oor het nie. En tog noem hulle hulleself gelowig. Maar Ek heg nie waarde aan hulle geloof nie, want Ek sien geen liefde in hulle harte nie, omdat hulle andersins My of My woord sou begeer het, of na die sagte klank van My stem geluister het waar dit maar op die oor val.
Wie egter terwille van die wêreld My Woord verwerp, beskou Ek nie as My ware kind nie, want die Liefde van die VADER sluit wel al Sy kinders in, maar Hy wil ook deur hulle beantwoord word. Hou van My en onderhou My gebooie, dan sal ook My Woord u vaderlik voorkom, dan sal daar ook geen wil om af te keur in u opkom nie; dan sal u My vol vreugde bely teenoor die medemens en daarvoor sorg dra dat Ek bekendgemaak word. Maar as u die liefde nie in u het nie, doen dit niks vir u nie, en omdat dit lastig is vir u, wys u dit af, duidelik in die hart asook na buite toe, en dan wys u ook My Liefde, Wie in die woord tot u kom, van die hand, Wie u deur die Woord `n bewys gee dat die VADER met Sy kinders spreek en deur hulle aangehoor wil word. Ondersoek uself ernstig of u kinders van die wêreld is of kinders van die VADER in die hemel en dink aan My woorde: "My skape herken My stem" en wees nie ongelowig nie, maar gelowig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205