DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
HOOFSTUK 1
Ek het julle al baie vertel met dit wat EK julle gegee het in die boeke van MY skryfknegte. EK wil julle egter nog ‘n paar dinge bekend maak, hoe EK werk en hoe EK dinge vir julle beplan het. MY kinders, julle is in hierdie land geplaas vir ‘n spesifieke doel. EK, julle VADER, weet waarom en as julle dit ten volle sal besef, sal julle juig in blydskap en aanbidding. EK sal julle bekendmaak wat julle moet weet oor hierdie groot stryd in julle land wat EK julle sal gee. EK maak julle attent daarop om MY woorde lewend in julle op te neem, sodat EK MY verborgenheid aan julle bekend kom maak. EK is julle VADER en in hierdie tyd sal EK SELF julle lei. Leer van MY, want die tyd is min. MY skryfkneg twyfel nog of hierdie boek wat EK aan hom gee, die lig gaan sien as gevolg van die tyd wat so min is en EK sê julle dat hy amper reg is. EK het egter nog tyd vir julle gegun en daar sal dus nog tyd wees vir die boekie, as hy hard sal werk vir MY en julle. EK het hom uitgekies om dit aan julle te bring, en nie hyself nie. Dit is MY woorde en nie syne nie. Luister daarom na MY, want EK roep julle nog vir ‘n laaste keer. By dit alles wat EK julle sover gegee het, wil EK net nog hier byvoeg, uit MY groot genade en liefde vir julle, MY kinders, Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205