DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 7
2008.02.06
Die hordes barbare wat om julle sal trek om die lig uit te doof, om die Dogter van My Sion te ontheilig, sal deur My verwoes word. Ek sal in MY volle glorie in julle teenwoordig wees wat nou al na My kom en een word met My. Hulle sal verwoes word deur My engeleskares wat saam met julle stry en julle sal die krag besit om dieselfde skade aan te rig, deur My wat binne julle is en een met julle is. Ek sal My kinders versterk in die tydjie wat kom, sodat hulle My kan leer ken en een word met My. Julle sal voorspoed hê na alles en Ek sal julle land ryklik seën met alles wat Ek beloof het, geestelik en vleeslik. Dit gebeur alles om julle te versterk en te reinig vir die groot geloofstryd wat sal volg na die tyd van voorspoed in hierdie land wat Ek julle gee. Dit gebeur alles met ‘n doel, soos julle gewoond is om te sê. Dit alles is deel van My raadsplan in die suiwering van My volk en die bymekaarmaak van die koring in My skuur. Die kaf sal verbrand word na die dorstyd wat swaar gaan wees. Ek dors die aarde, dit wil sê julle almal gaan dit moeilik hê, slegtes sowel as goeies, maar dit is alles nodig en Ek bring die skeiding mee met diè reiniging, waarna die koring vergader sal word in My skuur en die res alles verbrand sal word. Dit sal gebeur en is baie naby ook. Die begin van die reinigingsproses is al besig om ‘n aanvang te neem en sal sy piek bereik binne die volgende ruk. Dit is nie meer jare wat oor is nie en Ek gee nie ‘n tyd nie, maar Ek sê julle dat dit ‘n kwessie van maande is. Dis hoekom Ek sê julle moet nou na My kom, My om hulp vra, julleself reinig en een word met My. Ek, julle genadige Vader maak julle dit bekend, omdat Ek weet julle nie gereed sou wees as Ek nie weer na julle sou kom deur My skryfknegte se arbeid in My Naam nie. Dit is My woorde wat Ek julle gee uit die grote liefde en genade vir julle wat Ek julle gee. Ek is die alfa en omega, die begin en die einde, omdat Ek verewig was en verewig sal wees ook. Net so sal die wat in My is, verewig wees en My dien in die grootste saligheid denkbaar in My ryk. Ek seën julle, My kinders, in hierdie tyd en julle weet nie watter groot genade dit van My af is dat julle in hierdie tyd in Suid-Afrika kan wees nie. Julle is die geseëndes wat die land sal beërwe waarvan Ek gepraat het in My Skrif van ewigheid af. Ek is julle Vader, keer tot My en hê My lief, dan sal julle deel hê aan My en My ryk. Ek salf julle tot konings en priesters in My volk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205