DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 6
2008.02.05
My kinders, Ek wil die volgende verborgenheid aan julle bekendmaak. Baie van My mense weet dit al en is baie geseënd ook om dit te weet. Ek het in My Vaderliefde, julle uitverkies om in hierdie land werksaam te wees. Julle is hiernatoe gestuur vir ‘n spesifieke doel en dit is dat julle die geestelike leiers moet wees vir die res van My volk wat ook nog in ander lande is, regoor die wêreld. Ek het sekeres uit My ryk gestuur om leiding te kom gee vir hulle broers en om die res van My volk te wys hoe die pad loop na My ryk wat Ek vir julle voorberei het. My ryk dui aan op die eenwording met My. Dit beteken dat as jy een word met My, jy in die ryk ingegaan het. My kneg sal die eerste wees wat daarin gaan en na hom ook sekeres wat Ek voor die tyd al uitverkies het om een te wees met My voor die groot stryd. My kneg, soos julle weet, is Elia. Hy is weer hiernatoe gestuur om My werk te verrig en om weer die stem in die woestyn te wees wat roep om die weg van die Meester gelyk te maak. Dit was Johannes die doper wat dit moes doen en so is hy weer gestuur na die aarde vir die vierde keer nou. Daar is nog baie bekendes in die skrif wat ook onder julle is en Ek het ‘n spesifieke doel en taak vir elkeen van hulle. Hulle weet dit nie almal nie en die sekeres wat dit weet, is deur My waardig geag om te weet. Dit maak hulle nie hoër as die res van hulle broers nie, maar Ek weet net in My wysheid wanneer iemand ryp genoeg is om so iets te weet. Ek is julle almal se Vader en het almal ook ewe lief, maak nie saak wie of wat hy was voor hy hiernatoe gestuur is nie. My kinders wil Ek nie hê moet hoogmoedig wees nie, want dit is die verderflike pes en moet vermy word ook soos pes, as julle My ryk wil ingaan. Wie homself verneder, sal verhoog word en wie homself verhoog, sal verneder word. Dit is alles net My liefde wat dit doen en nie straf of bevoordeling as ‘n onregverdige Vader in My nie. Daar is van die wat gehoor het wie hulle was, wat dadelik nie die waardigheid daarvan gevoel het nie en hulle voor My verneder het. Ek sê aan julle, dat diesulkes wat so ‘n houding teenoor hulleself het, deur My verhoog sal word, omdat hulle besef dat hulle net lui knegte is en was wat My woord meer deeglik kon nakom. Dit, My kinders, is wat Ek wil hê, dat julle nie self sal terugkyk en dink dat julle My ‘n guns bewys het nie. Ek het julle hierheen gestuur, maar julle het steeds die keuse gehad of julle dit vir My wil doen wat Ek julle opgedra het of nie. Dit is so dat Ek die werk wat vir My in My Naam verrig word beloon, maar besef steeds dat julle niks verdien nie en dat dit alles genade is. Die wat My werk doen, sal beloon word daarvoor, maar die wat My werk uit liefde vir My doen, sal teen My bors vasgehou word deur My en hulle sal My hê, alles wat hulle wou hê, Ek. My kinders, nie almal van julle is bekendes nie, maar weet dat elkeen steeds sy doel het om te verrig in My wingerd. Volstaan daarmee dat jy net ‘n kleine kneg voor My is, maar streef daarna om My kind te wees en Ek sal jou optel, hoër as wat jy kan dink en jy sal My kind wees en Ek jou Vader. Wees tevrede met wat jy ontvang het van My, jou Elohim, en hê My lief bo alles, dan sal die dinge jou te beurt val. Daar is baie van My knegte onder julle, My kinders, wat My al diensbaar is. Luister na hulle, want hulle kom onder My Naam. Ek stuur hulle en Ek wil julle ook so stuur. Doen My werk sorgvuldig en Ek sal julle beloon daarvoor. So spreek Jahweh Almagtig tot Sy geliefde volk in Suid Afrika, kom My woorde na. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205