DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 16
2008.02.09
My kinders van My volk het droogvoets deur die Jordaanrivier getrek, omdat Ek die pad vir hul oopgebaan het. Ek het met My Josua gespreek en opdrag gegee dat die verbondsark met My priesters vooruit moet trek tot hulle by die Jordaanrivier kom. Ek het die waters gestil en dit het opgedruis boontoe in die rivier. Maar My Israel het deurgetrek sonder dat die water hulle klere selfs benat het en die sole van hulle skoene het nie ‘n druppel water gesien nie. Ek het My kneg Josua opdrag gegee om vir My die klipstapel op te rig binne-in die Jordaan waar My priesters met die verbondsark bly staan het, totdat die hele volk deur was. So het Ek hul dan gewys dat Ek My woorde gestand doen wat EK hulle gee deur My kneg Josua en almal kon sien dat hy My by hom het. My kinders, in hierdie tyd wil Ek hê dat julle almal so in My sal glo soos My kneg, en dat julle almal vir My Josua’s kan wees wat onder My Naam staan en doen wat Ek julle opdra. Wees My woorde wat uit My mond uitgaan en nie leeg terugkeer na My nie, maar doen waarna Ek jul stuur en hê sukses in wat Ek spreek moet gebeur. Amen! Nou verder: My Josua het van My opdrag gekry om twaalf klippe uit die Jordaan te neem en in ‘n sirkel te pak aan die buitekant van die rivier sodat dit as ‘n gedenkteken sou staan vir die wat later sal kom en sien, sodat hulle kan glo in die God van Israel. Die eer sou My toekom en nie die volk of hulle leier, Josua nie. Dit alles gaan oor die verheerliking van My Naam onder wie hulle getrek en gehandel het. Ek het My Josua opdrag gegee om dit te doen en die hele volk het hom gerespekteer oor sy geloof in My en My krag wat in hom gewerk het. Kyk, wie homself verneder, sal verhoog word. So het Ek hom dan verhoog voor sy broers, sodat hulle hom kon respekteer in My Naam waarin en waarvoor Hy gestaan het. Hy het homself nooit verhoog of eenkeer voor sy broers verhoog nie, en Ek sê julle dat dit ‘n baie moeilike ding is om te doen vir iemand wat deur My verhoog is. Ek het almal ewe lief en stel nie een bo die ander nie, maar Ek weet hoekom Ek leiers aanstel om oor My volk te heers in liefde, nie uit heerssug nie, maar in liefde en nederigheid. Dit is meer My leiding as enigiets anders. So het Ek dan gehandel met My volk, en so sal Ek ook handel in elkeen wat een word met My, hulle Vader. Hulle sal dan My leiding kan toepas op die volk onder hulle wat Ek daargestel het, totdat hulle almal die land beërwe het. Dan is daar nie meer ‘n leier nie, maar elkeen het My as sy leier. Dit is dan die geestelike sy van die verhaal. Wie die beloofde land intrek agter My knegte wat klaar daar is, sal dan een wees met My. Dit is die beloofde land, My ryk, die eenwording met My, hulle Vader. Eens as almal daar in is, is dit gelykheid wat sal heers in naasteliefde en liefde tot die Vader wat hulle dit geskenk het, Ek. Dan is dit nie meer nodig vir ‘n geestelike leier nie, want elkeen sal My as sy persoonlike leier hê en die insig besit om My te dien in alles wat Ek sê. So sal almal dan kinders wees en nie knegte of skape wat versamel moet word elke dag en opgepas moet word nie. So sal dit dan mede-huisgenote wees van My, hulle Vader, wat die totale beskerming van My het, asook die krag om die vyand kaf te maak. So wil Ek julle vandag leer om nederig te wees en My knegte ook, omdat die satan listig is met sy hoogmoed wat hy jul influister. Verneder jouself voor My en jou broeders, en Ek sal jou saam met jou broers wat hulle ook verneder, verhoog. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205