DIE VERBORGENHEID VAN JAHWEH
FRANCOIS FOURIE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

Hoofstuk 10
2008.02.07
Ek wil julle meer vertel oor die eenwording met My, jul Vader. Ek is in My ryk alleen saam met enkeles wat een is met My. Julle is nog nie in My ryk nie en Ek wil met julle werk sodat julle almal daar kan ingaan. Diegene wat My ryk ingaan, is die saliges wat Ek van praat, dit is hulle wat deel het aan My Melgisédek priesterorde. Hulle sal saam met My onder een dak woon in die ryk hierna in My huis, My Melgisédek huis. Die huis van Melgisédek is die huis wat Ek gestig het in My liefde aan julle, My verlorenes, wat Ek terugbring in My Huis. Dit is in hierdie huis waar ons saam sal woon in heerskappy oor die heelal. Kyk, Ek gee die heelal aan julle as werksgebied en eiendom. My seën is groot oor julle in hierdie opsig. Kyk, julle is My kinders en Ek julle Vader. Laat ‘n Vader nie Sy kinders al Sy eiendom ook erf nie? Dit sal julle erfdeel wees en julle sal dit gladnie ten volle begryp nie, omdat dit slegs deur ‘n bewoner van My huis begryp kan word. Kyk, die eenwording met My is die wedergeboorte. Die wedergeboorte in My ryk waar julle dan sal wakker skrik as Ek julle opwek en een maak met My. Alles sal dan vir julle begryplik wees en julle sal sien in die dieptes van My ryk en My skepping, die heelal en alles wat daarin verborge is. Ek skenk dit genadig aan julle en julle het dit geensins verdien nie. Daar is enkeles onder julle wat baie naby is aan die eenwording met My en Ek sê julle dat dit spoedig sal gebeur ook, maar in die aardse oë sal hul steeds net mense wees maar in die gees sal hulle wedergebore wees en een wees met My, hulle Vader. Hulle sal dan die mag besit wat Ek hulle verleen en die elemente sal hulle gehoorsaam wees. Die wedergeborene sal dan tog die wysheid besit om, nie net vir onsinnigheid die natuurkragte te gebied nie, maar sal die kragte aanwend vir die reiniging van My volk en die eenwording van die andere wat My nog nie ten volle besit nie. Dit sal alles gaan oor die uitbreiding van My ryk en wat uit My liefde voortvloei. So wil Ek julle dan weer nooi, om een te word met My en My nou al lewend opneem, sodat Ek kragtig in jou kan werk. Ek gee julle dit uit My Vaderliefde vir julle, My kinders. Ek klop aan julle deure en as julle net wil oopmaak vir My om in te kom, sal die hele skepping in jou binneste omgewe kan wees en jy sal die dieptes deurvors, soos My gees jou dit bekendmaak. Ek en jy sal dan bymekaar wees vir ewig en ewig. Ek seën julle, My kindertjies, Amen. Gaan nou en doen wat Ek vir julle sê, My kindertjies, Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205