Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VOORWOORD
Die teenwerping dat die aarde nog steeds bestaan, ondanks dat in kwade of slegte tye `n einde gevrees of voorspel was, en dat daar maar altyd rampe, oorloë, katastrofes en tekens aan die hemel was en dat die gesindheid van die mens vroeër ook nie beter was as nou nie, lei natuurlik ook daartoe dat geen geloof aan die aankondigings oor `n naby synde einde geskenk word nie.
Naas die mening dat `n einde teen God se Voorsienigheid indruis, bestaan daar ook nog die oortuiging van die "optimiste", dat die mensdom `n goudstralende toekoms op `n hoër bewussynsvlak tegemoet gaan, en dus verseker geen einde nie.
Maar die mensdom het nog steeds nie die weg na God gevind nie en Jesus word nie deur hulle erken as goddelike Verlosser nie. Dat die mensdom egter steeds meer na Satan se pype dans, word nie ingesien nie. Wel word daar beaam dat die huidige hoë tegniese ontwikkeling dit moontlik maak om op groot skaal te vernietig, valse denkbeelde te realiseer en teen die natuurlike ordening in te gaan. Maar, meen die mens, ook hier sal die "vooruitgang" van die menslike gees dit alles wel in goeie bane lei.
Egter, die openbaringe aan Bertha Dudde e.a. deur die Heer laat geen enkele onduidelikheid bestaan dat die ononderbroke reeks voorspellings oor `n einde binne afsienbare tyd, hulle vervulling sal vind.
God gaan harder "spreek", sodat die mensdom Hom wel sal moet hoor, sodat sommige Hom nog kan herken en Sy hulp inroep. Die tyd wat aan die mense gegee word om opwaarts te beweeg en hulleself positief te ontwikkel, is byna verstreke. En geseënd is die mens wat aan God toebehoort en Hom getrou bly tot die einde.
G.F.K.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205