Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

AANKONDIGING VAN DIE EINDE EN TEKENS VAN DIE TYD
B.D.8310 - 25 Oktober 1962
Dit is die aankondigings van `n nabysynde einde, wat vir die mense ongeloofwaardig voorkom en wat hulle daarom afwys en hulle ook laat twyfel aan die waarheid van alle geestelike boodskappe wat Ek na die aarde toe stuur. En tog sal dit nie meer lank duur voordat hierdie aankondigings in vervulling sal gaan nie, want My Woord is Waarheid. En juis die omstandigheid dat die mense geen lang tyd meer het om hulle wese te verander tot liefde nie, gee My aanleiding om steeds weer op die einde te wys en hulle ernstig aan te spoor om My woord aan te hoor en daaraan beantwoordend nou hulle lewe te ly.
Maar die mense wil nie glo nie en Ek kan geen dwang uitoefen op hulle denke en wil nie, Ek kan hulle alleen maar in kennis stel van dit wat hulle te wagte staan en moet dit aan hulle vrye wil oorlaat hoe hulle so `n kennisgewing sal beoordeel en benut. En aangesien dit aan die einde oor `n gebeurtenis gaan wat nog nie op hierdie aarde plaasgevind het nie, aangesien die mense nou nog niks soortgelyk ken nie, vind hulle ook die geloof daaraan moeilik, ofskoon Ek vanaf die begin van hierdie tydperk op aarde steeds maar weer op die einde gewys het. Maar hulle sou ook op die tekens moet let wat Ek vooraf vir u sê.
En hulle sal insien dat die voortekens toeneem en dat daar ook, suiwer wêrelds gesien, `n verandering móét kom, want alles dui daarop, ook die mense bevind hulleself op `n vlak wat hulle tot nadenke moet stem - daar heers geen liefde meer nie, veeleer oortref die mense mekaar in liefdeloosheid, daar is geen harmoniese samelewing meer nie, inteendeel, die mense is mekaar vyandiggesind en laat hulle lae drifte en hartstogte vrylik loop, hulle jaag materiële dinge na en streef na geen enkele geestelike band nie. Hulle is soos wat hulle was ten tye van die sondvloed, die mense het maar net wêreldse genot gesoek en het dit ook op onregmatige wyse aan hulleself verskaf, omdat die liefde volledig verkoel was. En wie met oop oë om homself heen kyk, moet ook die tekens van die eindtyd herken en weet dat die vereffening eenmaal moet kom, dat die Mag en regverdigheid van `n God eenmaal op die voorgrond moet tree, indien daar tenminste nog aan `n God geglo word. En as hierdie geloof egter heeltemal ontbreek, dan het die mense waarlik op `n geestelike laagtepunt aangekom, wat ook `n einde van hierdie aarde na hulleself toe trek.
Maar van My kant af kan niks anders gedoen word as maar steeds weer te wys op die einde nie, deur die mense steeds weer deur die mond van profete en sieners aan te spreek en hulle opheldering te verskaf oor die oorsaak en gevolg van die lewens van die mense; hulle egter steeds die wilsvryheid laat om aan die verkondigers van My woord te glo al dan nie. Tog, vinniger as wat u dink, sal u elke noodlot sien afspeel, u sal almal, wat nie die barmhartigheid ontvang het om voortydig (van die aarde) weggeroep te word nie, die tyd moet deurmaak. Want My verlossingsplan is sedert die ewigheid vasgestel en sal ook uitgevoer word, omdat ook die tyd vervul is en daar aan die geestelike in hierdie verlossingsperiode toegestaan word om vry te raak uit hierdie vorm.
En selfs die uitermate kort tyd wat nog vir u oorbly tot aan die einde, kan voldoende wees om definitief vry te raak, wanneer u deur u ernstige wil laat blyk dat u aan die doel van u lewe op aarde beantwoord en bewustelik afstuur op My en My vra om aan u hulp te verleen met u vervolmaking. Want aan hierdie ernstige vraag sal waarlik gevolg gegee moet word. Ek sal u help uit elke geestelike nood en u in diepe erbarming na My toe trek, sodat u nie weer vir `n eindelose lang tyd verlore sal gaan nie, wanneer die einde van hierdie aarde aangebreek het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205