Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE LOOP VAN DIE WÊRELDGEBEURE STEM OOREEN MET DIE ONTWIKKELING
B.D.3793 - 7 Junie 1946
Ooreenkomstig die geestelike ontwikkeling het die wêreldgebeure ook sy verloop, dus sal die chaos ook steeds groter word, omdat die mensdom voortdurend agteruitgaan in haar ontwikkeling. Want sy verwyder haarself steeds meer van die liefdespool en stuur na die teenpool, wat heeltemal sonder enige liefde is. En dit moet sy aardse uitwerking in volslae wanorde hê en dus vir die mense `n onverdraaglike bestaan, - in aardse nood, in die ontbreking van insig, in dwaling, verkeerde denke en handeling en uiteindelik in die algehele ondergang, omdat daar in so `n wanorde niks vir ewig kan bestaan nie.
En dus gaan die mensdom haar geestelike en liggaamlike ondergang tegemoet; en dit is die einde.
Waar daar nog `n positiewe ontwikkeling op die spel is, sal die staat van wanorde ook nie in der mate aangetref word nie, dog die lewe van die enkeling sal ook volgens die algehele toestand op aarde aangepas wees, slegs meer verdraaglik, omdat hy aan God vashou en `n beroep doen op Sy hulp. Maar wêrelds gesien voeg die een gebeurtenis homself by die ander, steeds beantwoord dit aan die ontwikkelingsgraad van die mense en aangesien hierdie ontwikkeling dus `n gedurige agteruitgang vertoon, volg `n growwer vorm van liefdeloosheid ook steeds mekaar op, dit wil sê, aardse maatreëls en besluite veroorsaak steeds meer onheil vir die mense, die leed en die nood word steeds groter, want die mensdom leef sonder God en kan daarom ook maar net sulke planne ten uitvoer bring, wat God se teenstander hulle voorhou.
En daarom sal daar wêrelds geen verbetering te verwagte wees nie, want waar `n verbetering nagestreef word, moet die liefde die oorhand hê, maar dit is verkoel en die liefdeloosheid bring maar net dit voor wat teen God gerig is. En waar `n verbetering te siene is, is dit slegs ten koste van die medemense, wat daardeur in `n nog groter teenspoed gestort word.
Die aktiwiteite van die Satan gedurende die eindtyd sal gereeld duidelik sigbaar en herkenbaar wees vir almal wat dit wil sien. En die tydstip kom steeds nader waarin sy mag vir `n lang tyd gebreek gaan word. Tevore het God hom egter die volledige vryheid gelaat, want die wil van die mense was op hom gerig en het selfs sy krag op aarde vergroot. En slegs die mense wat met vrye wil die verbinding met God nastreef, kan hulleself van sy mag onttrek, omdat hulle met God se Krag vervul is en die werksaamhede van kragte wat aan God vyandiggesind is, duidelik herken. Maar alle mense kan deur die wêreldgebeure ook vir hom herken wat sonder liefde is, en deur ernstig te wil, kan hulle hulself van hom losmaak. Want God het die wet van die liefde in die hart van elke mens gelê en die mense verstand gegee om duidelik te kan insien, sodra daar teen hierdie goddelike wet gesondig word.
En daarom laat Hy ook die groot wêreldgebeure so verloop, dat die mense hulle oë kan oopmaak wanneer hulle wil sien. En dit lê by hulleself, om uit te kom hetsy ten goede of ten kwade, vir werke van liefde of vir dade van liefdeloosheid, want daarby passend sal ook weer sy aardse lewe meer of minder in die ordening verkeer en sal ook die graad van sy insig wees. En ook die laaste einde sal nie vir hom onverwags kom nie, wanneer hy op die tekens sal let en die wêreldgebeure, wat beantwoord aan die wil van die mensdom, sy loop sal neem.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205