Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

`N AANWYSING OP DIE NABYE EINDE. DIE JONGSTE DAG
B.D.5150 - 26 Junie 1951
U almal sal My barmhartigheid ondervind en in die laaste tyd duidelik gewys word op die einde, deurdat u baie veranderinge rondom u sal kan waarneem; die vergaan van aardse goedere, die plotseling sterwe van u medemense, wat midde in hulle lewens weggeruk sal word, vreemde veranderinge in die natuur en alles ooreenstemmend met ou profesieë, wat Ek deur sieners en profete maar steeds weer aan die mense laat toekom om hulle op hierdie laaste tydperk opmerksaam te maak.
U mense word slegs aangespoor om na te dink en die vraag wat aan u voorgelê word, is watter lot u tegemoet gaan. Sowel aards as geestelik sal `n onrus u oorval, want die aardse gebeurtenisse sal u beangs maak en sal ook aanleiding gee tot geestelike gedagtes, omdat u mense onbewustelik voel dat u nog erg gebrekkig daarmee gesteld is. Al die aardse gebeure sou u nie laat skrik het, as u die ordening in geestelike opsig in stand gehou het nie, maar u soek in die aardse `n vervanging vir die geestelike en aangesien dit nou eers onseker vir u voorkom, word u gedagtes tog op die vraag gerig: Hoe sal ek myself staande hou wanneer alles ten einde geloop het?
En hierdie vraag moet in u opkom, daarom laat Ek soveel nood oor die mense kom, want daar bly nie veel meer tyd vir u oor nie, maar tog nog genoeg as u ernstig wil verander. Dit is alles barmhartigheidsmiddele van die noodlot wat u nog slaan voor die einde, ook wanneer u nie as sodanig wil luister nie, maar dit kan u nog tot besinning bring, hoe armsalig dit ookal met u gestel is, in geval u plotseling weggeroep word van hierdie wêreld.
Let op alle gebeurtenisse om u heen, hou oë en ore oop en laat aan uself sien dat daar nog `n vonkie verantwoordelikheidsgevoel in u aanwesig is, wees nie onverskillig nie, keer in u binnenste en beskou in stilte u eintlike waarde, wanneer u vir My verantwoording moet doen op die jongste dag. Want die jongste dag is vir elkeen die dag van sy liggaamlike dood, wat vir u almal nader is as wat u vermoed en enkele nog vinniger sal oorval, want vir u almal is daar nog veel te wagte.
Die dood van die liggaam kan u nie teengaan wanneer u uur gekom het nie, maar die dood van die siel kan u afweer, ja, u kan die siel die ware lewe gee, wat ewig duur, wat nooit meer van u afgeneem kan word, wanneer die lewe van die gees eenmaal in haar ontwaak het nie. Daarom hou Ek die liggaamlike dood vir u so gereeld voor oë, daarom gewaar u hom so gereeld om u heen, u sien alles vergaan wat vir u waardevol was en vreugde verskaf het, u sien liewe mense heengaan na waar geen terugkeer meer te verwag is nie. Dit alles laat Ek vir u sien, sodat u tot nadenke gestem word oor u eie ek, sodat u goed rekenskap kan gee wat u wel gesien het, om vir u `n ewige lewe te verseker, wanneer die liggaam sterf en daar niks meer op aarde agterbly nie.
En as u daaroor sal nadink en slegs `n bietjie gehoor skenk aan die stem binne-in u, het u `n barmhartigheidsmiddel benut, want op geen ander manier kan Ek u bystaan nie. Alles wat van My af kom, moet uitsien asof dit vanuit uself gekom het, dan eers sal u dit aanneem. U sal nog gereeld aanleiding hê om daaroor na te dink en altyd moet u daaraan dink dat die laaste tyd buitengewone verskynsels met homself sal meebring, sodat net die wat nog `n goeie wil sal hê, dit nog binne `n kort tyd sal kan bereik, waar hulle in andere omstandighede baie tyd tot hulle beskikking gehad het.
Maar dit gaan met rasse skrede na die einde toe en Ek wil nog baie (vir My) wen, voordat die einde kom. Daarom word My barmhartigheid onophoudelik aan u uitgedeel, wie dit besef en die barmhartigheidsmiddele benut, sal nie verlore gaan op die jongste dag nie, al mag dit vir hom plotseling kom of eers aan die einde. Hy sal hom nie hoef te vrees nie, omdat My barmhartigheid hom gered het van die geestelike dood.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205