Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

WEES OP HOOGTE VAN DIE DOEL EN MOTIVERING VAN U AARDSE LEWE
B.D.8020 - 16 Oktober 1961
U behoort altyd te weet dat u bestaan as mens op die aarde `n motivering en `n doel het. U is nie deur `n gier van die Skepper in die wêreld geplaas nie, maar u geskapenheid hang af van geestelike gebeurtenisse wat gebeurtenisse as basis het, wat hulleself ondenkbare lang tye gelede in die ryk van die geeste afgespeel het.
Daar was `n verandering voltrek in die ryk van die wesens wat My Liefdeswil buite My geplaas het. Die wet van die ordening, waarin alles moes verkeer wat volmaak was, was omver gewerp. Die volmaakte wesens, wat deur My buite My geplaas was, het na die teendeel verander, hulle het uit die wet van die ordening getree en onvolmaak geword - maar hierdie verandering van die wese het plaasgevind vanuit `n vrye wil, dit wil sê, die wil van die wesens het hulleself verset teen die bestaande ordening, hulle het teen My Self as hulle God en Skepper in opstand gekom, waarvan hulle ten volle bewus was, omdat hulle in die lig van die insig gestaan het.
Die gebeure in die ryk van die geeste is dus die rede van u bestaan as mens op hierdie aarde. Want u is die geestelike wat uit vrye wil van My af weggegaan het, u was die wesens wat eenmaal in hoogste volmaaktheid buite My geplaas was en u wese in vrye wil verander het inteendeel, u is die gevalle geeste. Dog tussen u afval van My en u bestaan as mens lê ewighede, eindelose lange tye waarin die gevalle wesens `n proses moes deurmaak om te verander, waarin hulle blootgestel was aan onbeskryflike lyding en kwelling, waarin hulle hulleself weer uit die diepste diepte langsaam positief ontwikkel het, steeds onder My leiding. Want niks kan ewig van My geskei bly wat eenmaal van My uitgegaan het nie. En dus het u eenmaal die trap van u ontwikkeling bereik waarin u as mens oor die aarde gaan om die laaste korte trajek af te lê na Hom toe van Wie u uitgegaan het, om die terugkeer in vrye wil te bewerkstellig na u God en Vader, van Wie u uself eenmaal verwyder het, vanuit `n verkeerd gerigte wil.
Wanneer u u menswees so sal beskou, sal u leer om te begryp hoe belangrik die menswees vir u is, u sal die aardse lewe nie meer as doel op sigself bekyk nie, maar as middel tot die doel en u sal dit bewustelik naleef. Maar dit is moeilik om u oor te haal om te glo dat u nie `n gier van u God en Skepper is nie. Want u het geen bewyse vir dit wat Ek aan u bekend maak nie. Maar u moet maar eenmaal ernstig daaroor nadink dat u self en ook alles wat u omgeef, wonderwerke is wat nie willekeurig kon ontstaan het nie - en u sou deur ernstige oordenking ook een God en Skepper herken en daarvan oortuig wees dat niks doelloos is nie en dat u aardse lewe dus ook `n doel moet dien.
En u sou u met die Skeppingsmag wat nou deur u ingesien is, moet probeer verbind, wat altyd moontlik is deur gedagtes, deur gebed en deur werke van liefde. En in die verbinding met My sal daar vir u `n lig begin te straal, seer spoedig sal `n sweempie van die insig wat u eenmaal in oorvloed besit het, u verlig. En die lig in u sal steeds helderder straal, hoe inniger u die verbinding met My soek en u sal beantwoord aan die doel van u aardse lewe. U sal die verandering voltrek in vrye wil, die ommekeer van u wese terug na volmaaktheid, soos wat u gestaan het in die allereerste begin.
U sal die liefdesvonkie in u ontsteek en tot `n heldere vlam laat ontvlam, en dit is dieselfde as wat u weer in die wet van die ewige ordening binnegaan, waarin al die volmaakte moet verkeer. En u sal `n ewigdurende ontwikkelingsproses kan afsluit, om as resultaat weer My Oerwese aan te geneem het – u weer omvorm het tot liefde en weer die goddelike volkome wesens te wees soos wat u in die allereerste begin was. Dit is die doel van u lewe op aarde wat u daartoe moet bring om bewustelik na te leef, omdat die laaste stadium in die eindelose lange ontwikkelingsgang wesens as resultaat sal oplewer, om as geheel vergeestelikte wesens in alle volmaaktheid van hierdie aarde te skei en te kan binnegaan in die ryk van die lig en die geluksaligheid van waar u eenmaal uitgegaan het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205