Boek 8 - Tekens van die Tye
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE MENS VAN DIE TEENWOORDIGE TYD. - BEKWAAMHEDE
B.D.2514 - 16 Oktober 1942
Daar is geen tydperk waarin gewag gemaak kan word van sulke hoë ontwikkelde wesens as die huidige nie, en tog word hierdie hoër ontwikkeling in `n verkeerde rigting gebruik. Die huidige mens het deur ontelbare ontwikkelingstadia heengegaan en het nou in die laaste stadium (as mens) baie kapasiteite wat hy met die grootste sukses kan gebruik. Een van hierdie bekwaamhede is dat hy homself (dit is moontlik) kan verplaas na `n boaardse toestand.
Wie hierdie geskiktheid vir homself eie gemaak het, kan al van `n toestand van aansienlike rypheid praat, want hy leef nou ook in `n ander ryk, maar hy neem die indrukke uit daardie ryk nie op die aarde op nie, omdat slegs die gees hierdie indrukke in homself kan opneem en dit alleen dan deurgee, wanneer daaraan beantwoord word deur die siel van die mens wat gevorm is sodat sy die belewenisse in die geestelike ryk kan begryp en sy dus nou daaroor geleer kan word. Hoe meer die siel nou deur die gees daarna verlang om in haarself `n bepaalde antwoord te verkry, des te meer kom dit nou ook na haar toe. En daarom sou die mensdom waarlik op `n hoë geestelike vlak kon staan, wanneer sy vir haarself alles tot nut kon maak, wat haar in haar aardse lewe ter beskikking staan.
Maar die mense stel hulleself heeltemal daarmee tevrede dat hulle aardse lewe hulle volledig in beslag neem, maar aan hulle geestelike toestand dink hulle nie. En bygevolg nader hulle in hulle diepste wese weer die toestand uit die tyd voordat hulle mens was, waar hulle geen ag slaan op hulle siel nie, maar slegs die lewe van diere lei, waarin elke positiewe ontwikkeling uitgesluit was. Hulle lewe hulle aardse lewe nie meer bewustelik nie, - hulle word ook gedryf, en wel deur geestelike kragte wat die positiewe ontwikkeling van die geestelike wil teengaan. En dus nader hulle weer die toestand uit die tyd voor hulle menswees, maar nou is hulle volledig verantwoordelik vir dit wat hulle doen, omdat die vrye wil en die verstand deur God aan hulle gegee word, wat hulle moet gebruik vir hulle positiewe ontwikkeling.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205